Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Junior Bok van Bulle vertrek oorsee

Die gewese Vrystaatse haker André Bester hoop die werwing van vyf Suid-Afrikaanse spelers sal sy Franse ProD2-klubspan Stade Aurillacois in die volgende seisoen of twee Top14-status laat verwerf.

Tussen die spelers wat hy gewerf het, tel die Bulle se Superrugby-flank Shaun Adendorff (26).

Shaun Adendorff

Dié voormalige Junior Bok is tans deel van John Mitchell se Supergroep. Sy loopbaan kon egter nog nie regtig momentum in Suid-Afrika kry sedert hy in 2012 deel van die seëvierende Junior Bokspan was wat die Junior Wêreldtoernooi in die Kaap gewen het nie. ’n Verandering is dalk net wat hy benodig om nuwe lewe in sy loopbaan te blaas.

Bester se onderhandelinge met AJ Coertzen (27) en Jacques Nel (25), twee Pro14-spelers, was ook suksesvol.

Nel het die Southern Kings nog onlangs as buitesenter in hul laaste Pro14-ligawedstryd van die seisoen teen die Cheetahs in die Baai aangevoer. Hy is die broer van die Blitsbok Ruhan Nel.

Coertzen is deur Griekwas gekontrakteer, maar is deur die Cheetahs in vanjaar se Pro14-reeks gebruik. Die bestendige en gewilde heelagter was kaptein van die Shimlas wat 2015 se Varsitybeker-kampioen was.

Nardus van der Walt (26) en Andries van der Walt (26), twee Curriebeker-spelers, gaan ook binnekort hul rugby by Stade Aurillacois speel.

Nardus het die Blou Bulle, Griekwas en die Pumas al verteenwoordig, maar sukkel om ’n groot kontrak by ’n plaaslike Superrugby- of Pro14-span los te slaan. Hy is ’n groot en sterk baldraer wat goed in Bester se planne in Europese speeltoestande kan inpas.

Andries is as ’n slot by die SWD-Arende gekontrakteer. Hy het ook vir die Pukke en Luiperds gespeel.

  • Bester en sy broer Piet (vaskopstut) het van 1987 tot 1992 in 30 wedstryde saam vir die Vrystaat gespeel. Piet is deesdae ’n landdros in Bloemfontein.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.