Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Junior Bokke deel van sy leerskool

Jy kan maklik dink dat dit vir iemand soos Jan-Hendrik Wessels, wat reeds die Bulle op senior vlak verteenwoordig het, ’n treetjie terug is om nou o.20-rugby, weliswaar vir die nasionale span, te speel.

Maar Wessels (20), ’n stut en oudleerling van Grey Kollege in Bloemfontein, beskou dit as ’n leerskool.

Jan-Hendrik Wessels in aksie vir die Bulle in ’n wedstryd in die voorbereidingsweek teen die Oostelike Provinsie in Pretoria. Foto: Gallo Images

Die Junior Bokke begin Vrydag hul aanslag in ’n vierhoekige reeks teen Uruguay in Stellenbosch, met Argentinië en Georgië die ander deelnemende spanne.

Wessels, die span se kaptein, George Cronjé (losvoorspeler, Cheetahs) en Jordan Hendrikse (losskakel, Leeus) is van die spelers in die nasionale groep wat reeds senior provinsiale rugby gespeel het.

“Ek sal nie sê dit is ’n skuif afwaarts nie. Om vir die Junior Bokke te speel en my land in ’n reeks teen ander lande se beste spelers te verteenwoordig, is ’n voorreg,” sê Wessels.

“Dit is deel van my reis om as ’n speler te ontwikkel. Dit is glad nie ’n afwaartse skuif nie. Dit is ’n geleentheid om myself te bewys en dit wat ek geleer het te kan gaan toepas.”

Jan-Hendrik Wessels hoop om dít wat hy by die Bulle geleer het, by die Junior Bokke te gaan toepas. Foto: Gallo Images

Een van die aspekte waarna Wessels meer as een keer verwys het, is die belangrikheid van die skrums. Dit is ook dié aspek van sy spel waarin hy  in Pretoria die meeste touwys geraak het.

Om teen senior provinsiale spelers te skrum, ouens wat hardebaard is en vir wie skrumsessies op ’n nugter maag iets alledaags is, het Wessels tot ’n paar insigte gebring.

“As jy nie jou vaste fasette wen nie, kan jy nie die wedstryd wen nie,” sê hy.

“Ek dink dit is iets wat ek besef het: Jou vaste fasette moet die belangrikste prioriteit wees. My groot fokuspunt is maar die skrums; die res sal vanself kom.”

Tradisioneel is die skrums as die hooftaak van ’n stut beskou, maar Wessels is ook beweeglik en nie bang om met die bal onder die arm voet in die hoek te sit nie.

• Bafana Nhleko, afrigter van die Junior Bokke, wys Woensdag sy span vir die kragmeting met Uruguay aan.

Meer oor:  Jan-Hendrik Wessels  |  Junior Bokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.