Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
JW Jonker roep ná 12 seisoene halt

JW Jonker, veelsydige agterspeler van die Cheetahs wat draaie by die Griffons, Pumas, Goue Leeus en Griekwas gemaak het, het besluit om sy rugbystewels op te hang.

JW Jonker op die aanval in sy laaste rugbywedstryd van sy loopbaan vroeër vandeesmaand teen die Blou Bulle in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Jonker (30), wat ook vir die Blitsbokke gespeel het, het sy uittrede bevestig nadat ’n kontrak met ’n Franse klub deur die mat geval het omdat hy nog tot aan die einde van die maand by die Vrystaat gekontrakteer was.

Hy hang sy stewels ná ’n loopbaan van 12 jaar op en nee, hy wil nie by afrigting betrokke raak nie. Hy het nie die hart om vir ’n speler te sê hy is nie goed genoeg nie en dat hy nie sy kontrak gaan hernu nie.

Hy sal moontlik by Grey-kollege, waar hy destyds kaptein van die eerstespan was, hand bysit as hy benodig word.

Jonker het op 6 Oktober in sy 100ste Curriebeker-wedstryd (ook sy laaste) gespeel toe die Vrystaat en die Blou Bulle in Bloemfontein slaags was.

Hy het reeds die sakewêreld betree en werk die laaste vier maande as ’n finansiële bestuurder. Dit, sê hy, moes hy tien jaar gelede reeds begin doen het.

“Twaalf jaar was ’n baie lang tyd en dit was verskriklik lekker. Ek is spyt oor niks. My eerste vier jaar by die Cheetahs was beslis die hoogtepunt van my loopbaan. Ook toe ek in 2008 die eerste keer saam met die Cheetahs Superrugby begin speel het, was spesiaal,” sê Jonker.

Wie het hom die meeste hoofbrekens op die veld besorg?

“Dries Scholtz, senter van die Blou Bulle en later Griekwas. Hy was ’n groot speler en dit was nie altyd lekker om voor hom te staan, hetsy jy die bal gedra het of hom moes duik nie,” onthou Jonker.

Die Blues se All Black-senter, Anthony Tuitavake, was die taaiste teenstander teen wie Jonker nog in sy loopbaan gespeel het.

* Die Cheetahs sal intussen sonder hul drie Blitsbokke, Rosko Specman, Cecil Afrika en Chris Dry, vir die res van die Pro14-reeks moet klaarkom.

Hul kontrakte verstryk op 23 Oktober.

Die Cheetahs hervat die reeks op 28 Oktober teen Zebre in Parma, Italië. Dié wedstryd sal ook die laaste wees vir Raymond Rhule en Sergeal Petersen, wat albei volgende maand by die Stormers aansluit.

Meer oor:  Jw Jonker  |  Cheetahs  |  Uittrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.