Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kan GW Peter op hoogtepunt groet?
Peter Engledow. (Foto: Emile Hendricks)

Elke keer wanneer Griekwas se rugbyspan verloor het, was dit ’n laagtepunt vir die span se afrigter, Peter Engledow.

Hy is die laaste keer aan die stuur van sake wanneer die Poubloues Saterdag gasheer speel vir die Haaie in die twee spanne se Curriebeker-wedstryd in Kimberley.

Die Poubloues sal hoop om Engledow met ’n oorwinning te groet.

“Om destyds (2014) by Griekwas aangestel te word toe ek van Engeland af teruggekeer het, was ’n hoogtepunt. Ek onthou hoe opgewonde ek was om hier af te rig.

“My hoogtepunte was om die Vrystaat verlede jaar twee keer (30-25 en 59-24) te klop en ook teen die Westelike Provinsie (44-34) te wen. Dit was besonderse oorwinnings,” sê Engledow.

“Ek dink elke keer as die span verloor het, was dit ’n laagtepunt vir my. Een van die ander laagtepunte was die laaste drie maande (toe sy kontrak nie hernu is nie) hier by Griekwas.

“Dit was nie ’n lekker ervaring nie, maar dit is belangrik om met ’n hoogtepunt af te sluit,” sê Engledow.

Dit was nie ’n lekker ervaring nie, maar dit is belangrik om met ’n hoogtepunt af te sluit.
Peter Engledow

Hy sê daar is nie ’n towerformule om te wen nie.

“Jy het spelers nodig wat al ’n ruk saamspeel en bereid is om vir mekaar te speel.”

Die Haaie is reeds verseker van ’n plek in die halfeindronde en sal hoop om tweede te bly met die oog op ’n tuishalfeindstryd.

Die span se afrigter, Robert du Preez, sal die geleentheid gebruik om te kyk hoe sy seun Robert op senter vaar.

Boonop maak sy ander seun, die losvoorspeler Jean-Luc, wat op die plaasvervangersbank ingesluit is, sy terugkeer ná ’n besering.

Die spanne is:

Griekwas: AJ Coertzen, Ederies Arendse, Kyle Steyn (k), André Swarts, Enver Brandt, George Whitehead, Zak Burger, Conway Pretorius, Sias Koen, Wendal Wehr, Pieter Jansen van Vuren, Sintu Manjezi, Ewald van der Westhuizen, Khwezi Mkhafu, Devon Martinus. PLAASVERVANGERS: Liam Hendricks, Nicolaas Oosthuizen, Jono Janse van Rensburg, Eital Bredenkamp, Louis Venter, Stephan Janse van Rensburg, Edwin Sass.

Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Jeremy Ward, Robert du Preez, Lwazi Mvovo, Curwin Bosch, Louis Schreuder (k), Dan du Preez, Tyler Paul, Jacques Vermeulen, Hyron Andrews, Gideon Koegelenberg, Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe, Juan Schoeman. PLAASVERVANGERS: Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit, JJ van der Mescht, Jean-Luc du Preez, Grant Williams, Marius Louw, Kobus van Wyk.

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

Assistent-skeidsregters: Ben Crouse en Jaco Kotze.

TV-skeidsregter: Lourens van der Merwe.

Afskop: 15:00 (SS 1, M-Net).

Meer oor:  Robert Du Preez  |  Peter Engledow  |  Durban  |  Kimberley  |  Haaie  |  Afrigter  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.