Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kanker eis voormalige GW-speler
Riaan van der Berg

Riaan van der Berg, wat die Griekwas in meer as 50 wedstryde op die rugbyveld verteenwoordig het, is verlede week aan kanker oorlede.

Volgens sy seun, JJ, is kolonkanker sowat twee jaar gelede by sy 54-jarige pa gediagnoseer. In Augustus het sy toestand erg verswak toe die kanker versprei het.

Van der Berg was ’n boorling van Bloemfontein, wat aan die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in dié stad skoolgegaan het.

Hy was ’n veelsydige agterspeler, wat tussen 1986 en 1991 in 55 wedstryde vir die Poubloues gespeel het.

Ná sy rugbydae was hy ’n elektrisiën, wat saam met sy vrou, Adri, op ’n plot by Kwaggafontein, buite die Rosestad, gebly het.

’n Gedenkdiens word Vrydag om 11:00 uit die NG kerk Gardeniapark in Bloemfontein gehou.

Van der Berg word deur Adri en JJ oorleef.

Meer oor:  Oorlede  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.