Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kankowski vul Leeus se flank-spens aan

Die Leeus gaan hul flank-spens met die dubbele Springbok, ­Ryan Kankowski, vir die Curriebeker-reeks aanvul.

Ryan Kankowski. Foto: Gallo

Die Gautengers moet sonder twee Bokke, Warren Whiteley en Jaco Kriel, in die reeks klaarkom.

Die twee Springbok-losvoorspelers gaan onderskeidelik vir die Japanse klubspanne van Dawie Theron (Docomo Red Hurricanes) en Frans Ludeke (Kubota Spears) speel.

In hulle en Warwick Tecklenburg se afwesigheid, kan dit van die 31-jarige Kankowski verwag word om leiding aan die jonges in die Curriebeker te gee. Tecklenburg het vroeër vanjaar sy uittrede aangekondig.

Kankowski het in 2015 laas Curriebeker-rugby vir die Haaie gespeel, nadat hy in 2006 sy buiging in die reeks vir die Durbaniete gemaak het.

Hy het verlede jaar se Curriebeker vanweë sy verpligtinge by die Japanse klubspan Toyota Industries Shuttles misgeloop.

Kankowski, wat die Bokke in die vyftienmankode en sewesrugby verteenwoordig het, sal aanvanklik net eers vir die Curriebeker gekontrakteer word.

Hy het die Blitsbokke nog verlede jaar in vier toernooie verteenwoordig.

Sy laaste en 20ste toets in die vyftienmankode was in Junie 2012 in Port Elizabeth teen Engeland.

Kankowski se kontraktering is nie al goeie nuus vir Leeu-ondersteuners nie. Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, het die laaste tyd daarin geslaag om te verhinder dat die stut Jacques van Rooyen ’n aanloklike aanbod uit die Kaap aanvaar.

Hy het nee gesê vir die sowat R400 000 per jaar meer wat hy in die Kaap sou verdien om ’n Leeu te bly.

Dit word verwag dat Straeuli binnekort ’n aankondiging sal doen wie Kankowski-hulle in die Curriebeker sal afrig.

Swys de Bruin is die gunsteling, terwyl JP Ferreira ’n ander sterk aanspraakmaker is.

Johan Ackermann sluit hom ná die Superreeks by die Engelse klubspan Gloucester aan.

Meer oor:  Ryan Kankowski  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.