Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kaptein moet sy plek verdien, sê Gatland

Of Suid-Afrika se benadering dieselfde gaan wees indien Siya Kolisi se spelpeil nie verbeter nie, sal nog gesien moet word, maar sover dit Warren Gatland, hoofafrigter van die Britse en Ierse Leeus aangaan, moet sy kaptein sy plek in ’n beginspan verdien.

Warren Gatland, hoofafrigter van die Britse en Ierse Leeus. Foto: Getty Images

Daarom sal die speler wat hy as kaptein van die Britse en Ierse Leeus se toergroep aanstel nie gewaarborg wees van ’n plek in die span vir die komende toetsreeks teen Suid-Afrika nie.

Die Leeus speel vyf toerwedstryde voor die eerste toets teen die Springbokke op 24 Julie in die FNB-stadion in Johannesburg.

“Daar is ’n proses om te volg. Dis belangrik om die gesprek met die kaptein te hê dat hoewel hy die toerkaptein is, hy nie van ’n plek in die span gewaarborg is nie. Jy moet steeds goed speel. Die feit dat jy kaptein is, beteken nie jy gaan in toetse speel nie,” het Gatland Dinsdag in ’n inligtingsessie met joernaliste gesê.

Dit help om uit ’n span te kom wat relatief goed gevaar het in die Sesnasiesreeks.

“As ’n speler wat om ’n posisie met die kaptein meeding weet dat daardie gesprek plaasgevind het, sal hy ook weet dat hy ’n kans het om gekies te word.”

Gatland het daardie opmerking gemaak nadat hy gevra is of die Walliese strydros Alun Wyn Jones ’n kandidaat vir die kapteinskap sal wees.

Alun Wyn Jones (regs), Wallis se veteraan-kaptein, is ’n sterk kandidaat om die Britse en Ierse Leeus op hul toer van Suid-Afrika aan te voer. Foto: Getty Images

Jones (35) het al in 157 toetse gespeel en was op drie Leeus-toere – Suid-Afrika in 2009, Australië in 2013 en Nieu-Seeland in 2017.

“Alun is een van die ouens wat ons sal oorweeg vir die kapteinskap. Dit help om uit ’n span te kom wat relatief goed gevaar het in die Sesnasiesreeks,” sê Gatland.

Ander sterk kandidate sal die veteraan Ierse losskakel Jonathan Sexton en Engeland se Owen Farrell wees.

Wat die 36-man groep betref, kan daar ná Engeland se vyfde plek in die Sesnasiesreeks straks minder Rose-spelers wees as wat vroeër verwag is.

Ek hoop gesonde verstand seëvier.

“Dit ly min twyfel dat van daardie spelers, en hulle sal self hul hande opsteek, nie goed was in die Sesnasies-reeks nie,” sê Gatland.

“Baie van hulle het egter al in die verlede sukses behaal, of dit nou seges in Europese wedstryde, die wen van die Sesnasies-reeks, goeie vertonings in die Wêreldbeker-toernooi of op vorige Leeus-toere was.

Jones oefen in sy middel-dertigs steeds soos ’n jong man. Foto: Getty Images

“Dis seker nie meer ’n geval dat van hulle die eerste naam is wat jy sal neerskryf nie. Nou sal jy dalk ’n gesprek daaroor hê. Dis ’n goeie gesprek om te hê – wat jy weet hulle kan vermag gegrond op wat hulle in die verlede gedoen het.”

Gatland sê hy is ook nog nie seker of Premiership Rugby, die beheerliggaam van die Engelse klubs, spelers vroeg genoeg sal vrystel om betekenisvol aan die Leeus se voorbereiding te kan deelneem nie.

Die Engelse Premierliga se eindstryd is geskeduleer vir 26 Junie – dieselfde dag as wat die Leeus ’n opwarmwedstryd teen Japan in Edinburg speel. Die eerste toerwedstryd is vir 3 Julie teen die Stormers in Kaapstad geskeduleer.

“Ons begryp dat daar ’n eindstryd is, maar ons hoop om ’n paar weke saam te hê vir voorbereiding in die aanloop tot die wedstryd teen Japan,” sê Gatland.

“As van daardie spelers onbeskikbaar is vir die voorbereiding, kan ’n plek in die groep hulle dalk nie beskore wees nie.

Dit gaan oor wie ek dink my die beste sal aanvul, met wie ek al in die verlede saamgewerk het en mense wat ek voel goed as ’n groep sal saamwerk.

“Wat ons vra, is dat spelers vrygestel kan word sodra hul klubverpligtinge afgehandel is. Ek hoop gesonde verstand seëvier.”

• Intussen het Gatland gesê dat hy nie verstaan waarom daar ’n bohaai gemaak word oor die feit dat hy nie een van Engeland se afrigters as ’n assistent gekies het nie.

“Niemand het ’n kwessie daarvan gemaak toe ons nie in die verlede Skotse afrigters gehad het nie,” sê hy.

“Dit gaan oor wie ek dink my die beste sal aanvul, met wie ek al in die verlede saamgewerk het en mense wat ek voel goed as ’n groep sal saamwerk.”

Hy het twee Walliesers in Neil Jenkins (skopafrigter) en Robin McBryde (voorspelers), en Skotland se hoof- en verdedigingsafrigters, onderskeidelik Gregor Townsend en Steve Tandy, as hulpafrigters aangestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.