Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Keagan soek Bulle se nr. 9-trui

Daar was in die verlede al dikwels aantygings uit die Kaap dat die Bulle die aartsvyand in die suide se talent skaamteloos afrokkel.

In 2012 was daar ’n groot bohaai toe die Bulle die toekomstige Springbok-losskakel Handré Pollard se handtekening bekom het toe die Westelike Provinsie onder die indruk was hy gaan sy loopbaan in Kaapstad voortsit.

Keagan Johannes, opwindende skrumskakel van die Bulle, in die afgelope voorbereidingsreeks teen die Oostelike Provinsie op pad na die doellyn. Foto: Gallo Images

Verskeie belowende spelers uit die Boland en die Weskus word as hoërskoolseuns na Pretoria gelok om vroeg in die Bulle se struktuur wortel te skiet.

Die skrumskakel Keagan Johannes (21), ’n produk van Mamre wat sy stempel in die eerstespan van die Hoërskool Garsfontein afgedruk het voordat hy by Loftus Versfeld aangemeld het, is een van hulle.

Hy beskou dit as ’n groot geleentheid vir iemand wat nie in een van die WP se groot rugbyskole was nie.

“Ek is baie bevoorreg. Daar is al baie spelers wat daardie paadjie geloop het en hier skoolgegaan het om later vir die Bulle te speel.

“Dit gaan oor geleenthede. Nie almal kry die kans by skole soos Paarl Gimnasium en Boishaai nie.”

Johannes en Bernard van der Linde, albei groentjies, het in die voorbereidingsreeks ’n kans in die Ligblou-trui gekry.

Hy wil nie hê elke ou moet dieselfde speel nie. Dit wat jou goed maak, moet jy na die span toe bring.

“Dit is ’n voorreg om onder coach Jake en saam met baie Springbokke te speel. My senuwees het maar ’n bietjie gepla, maar dit het gelukkig goed gegaan.”

Johannes sê White verwag nie van al die skrumskakels in die groep om dieselfde spelpatroon te speel nie.

“Hy wil nie hê elke ou moet dieselfde speel nie. Dit wat jou goed maak, moet jy na die span toe bring.

“Ek kan hardloop, skop en die bal wegstuur. Ek leer hier en daar by Embrose (Papier) en Ivan (van Zyl), wat die senior skrumskakels in die groep is.

“Hulle het ook verskillende sterkpunte. Embrose is uitstekend op die aanval en Ivan kan beheer neem en is baie takties.”

Van Zyl, wat in 2018 ses toetse vir die Springbokke gespeel het, groet binnekort om vir Saracens in Engeland te gaan speel en Johannes sê dit motiveer hom om aanspraak te maak op die Bulle se nr. 9-trui.

Hy, Papier, Van der Linde en Zak Burger is die skrumskakels in die wedloop.

• Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het Woensdag bevestig hy het ’n kontrak met die voormalige Bul Jacques du Plessis gesluit.

Du Plessis (27), wat sedert 2015 vir Montpellier in Frankryk gespeel het, is amptelik van 1 Julie weer ’n Bul en het hom vir die volgende drie jaar tot sy ou span verbind.

Die Springbok-losvoorspeler Marcell Coetzee (29)is intussen deur sy Ierse klub, Ulster, vrygestel om aan die einde van die maand by die Bulle aan te meld.

Belfast Telegraph berig Coetzee sukkel met ’n dyspierbesering en Ulster het besluit om hom vroeër vry te stel sodat hy sy rehabilitasie in Pretoria kan voortsit.

Meer oor:  Bulle  |  Keagan Johannes  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.