Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kearney kies koers na Western Force
Rob Kearney het 95 toetse vir Ierland gespeel. Foto: Getty Images

Rob Kearney, voormalige heelagter van Leinster en die Ierse toetsspan, het hom in Australië by die Western Force aangesluit.

Die 34-jarige Kearney het ’n kontrak van ’n jaar met dié franchise in Perth onderteken.

Kearney het 15 seisoene vir Leinster uitgedraf en in daardie tyd vier Europese Kampioenebeker-titels, ’n Uitdaagbeker-kroon en ses Pro14-titels verower.

Hy het in Augustus die laaste van sy 219 wedstryde vir Leinster gespeel in ’n Pro14-oorwinning teen Ulster in die Aviva-stadion.

Kearney, met 95 toetse vir Ierland, was deel van die span wat die Sesnasies-titel in 2009, 2014, 2015 en 2018 gewen het.

Die Western Force het al agt van sy kragmetings in die pas afgelope Superrugby AU-reeks verloor.

– Reuters

Meer oor:  Rob Kearney  |  Superrugby Au  |  Force  |  Superrugby  |  Leinster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.