Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kempson brei Kings tot hulle afrigter vind

Die Southern Kings het opgegee om ’n nuwe afrigter voor die einde van die huidige seisoen aan te stel en hul direkteur van rugby, Robbi Kempson, sal aanhou om as afrigter waar te neem.

Robbi Kempson is die waarnemende hoofafrigter van die Southern Kings. Foto: Gallo Images

“Ek sal hier wees vir die afsienbare toekoms,” het Kempson aan Rapport gesê. “Dit is onwaarskynlik dat ons ’n afrigter van formaat sal vind. Iemand wat tans beskikbaar is, sal ongelukkig of afgedank wees by ’n klub of iemand wees wat nie die regte ou is nie . . . Ons vennote wil nie ’n haelgeweer-benadering gebruik nie.”

Terwyl Kempson nie gedink het hy sou so lank as afrigter waarneem nie, glo hy dit is ’n positiewe ding. “Ek is gelukkig om die ondersteuning van ons direkteure te hê, terwyl Swys de Bruin ons nou ook as ’n konsultant uithelp. Ek kry ook baie goeie ondersteuning van my hulpafrigters, Vuyo Zangqa en Braam van Straaten.”

Die Kings oefen tot die 20de Desember en sal die Kersweek rus. “Ons speel volgende teen Edinburgh en hulle speel aanhoudend tydens Desember. Ons moet ons spel op ’n mededingende vlak hou.”

’n Goeie basis is ook nodig om te ontwikkel. “Baie van die jonger spelers steek hul hande op en Howard Mnisi is ongelooflik vandat hy kaptein geword het.”

Die Kings sal Edinburgh op Murrayfield op 4 Januarie aanpak. 

Meer oor:  Southern Kings  |  Robbi Kempson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.