Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kempson kan die koppe by Kings laat rol

Die rugbyspan van die Southern Kings wat Sondag in Port Elizabeth teen Connacht op die veld draf, kan heelwat verskil van die een wat die afgelope naweek teen die Scarlets begin het.

Ná drie groot nederlae – teen die Cheetahs, Munster en die Scarlets – is Robbi Kempson, die Oos-Kapenaars se waarnemende hoofafrigter, nou keelvol.

Jy kan nie aanhou om dieselfde ding te doen en ander resultate te verwag nie.
Robbi Kempson

“Jy kan nie aanhou om dieselfde ding te doen en ander resultate te verwag nie, so ons sal die span aansienlik verander soos ons vorentoe beweeg,” sê Kempson.

“Daar is geen twyfel daaroor nie. Ons sal ander spelers kanse gee want hierdie spelers (dié wat onlangs gebruik is) het hul kans gehad en het dit nie aangegryp nie.”

Volgens Kempson sal daar “beslis ’n paar ander gesigte” in die span teen Connacht wees.

Hy wou nie sê wie almal gepos gaan word nie, maar het wel bevestig dat daar ’n ander heelagter sal wees.

Dis darem nie omdat Courtney Winnaar teen die Scarlets kleigetrap het nie.

Masixole Banda bevind hom dalk hierdie naweek weer in die Kings se beginspan. Foto: Gallo Images

Winnaar het ’n enkelbesering opgedoen wat hom uit die kragmeting met Connacht sal hou.

Dit klink of Masixole Banda dalk weer in die laaste vesting gekies gaan word in Winnaar se afwesigheid.

“Ons sal beslis na meneer Banda in daardie posisie kyk,” sê Kempson.

Volgens Kempson is Banda weens “persoonlike redes” nie die afgelope paar wedstryde vir die span oorweeg nie. Hy wou nie uitwei oor wat die redes was nie.

Die haker Jacques du Toit sukkel op sy beurt met ’n “dooie been” wat dalk Alandre van Rooyen se kans om in die beginspan te wees verbeter.

Die jong agtsteman Elrigh Louw het ook nie Woensdag aan die kontaksessie deelgeneem nie, maar dit was meer ’n voorsorgmaatreël as iets anders.

Thembelani Bholi se kragtige stormlope kan die Kings teen Connacht op die voorvoet kry. Foto: Gallo Images

Louw het ’n kwaai sny bo sy een oog in die wedstryd teen die Scarlets opgedoen en Kempson was bang die wond word weer oopgestamp.

In die lostrio kan daar wel ’n verandering wees met Thembelani Bholi wat in die laaste paar wedstryde as impakspeler gebruik is en so goed gedoen het dat hy dalk eerder moet begin.

Ook Bobby de Wee kan as slot oorweeg word vir die beginspan. Die geesdrif en werkywer wat hy bring, is iets ysliks.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Pro14-Reeks  |  Southern Kings  |  Afrigter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.