Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kempson sê Pieterse is bate vir O-Kaap

As die geleentheid hom voordoen, sal hy nie huiwer om Barend Pieterse as konsultant by die Southern Kings te gebruik nie, sê Robbi Kempson, dié span se waarnemende hoofafrigter.

Robbi Kempson meen Barend Pieterse het baie om as ’n lynstaan-konsultant te bied. Foto: Gallo Images

Pieterse het ’n paar weke gelede vanuit Japan na Port Elizabeth teruggekeer nadat hy vir twee seisoene die Canon Eagles help brei het.

“As Barend in die Oos-Kaap bly, sal ek dit beslis oorweeg om op sy knoppie te druk. Om eerlik te wees, ek sal geskok wees as spanne soos die Madibaz hom nie ook vra om ’n inset te lewer nie,” sê Kempson.

Pieterse het die Kings in 2013 die eerste keer as lynstaan-dokter bygestaan en het later een van die span se hulp-afrigters geword. Hy was in 2016 ook die Oostelike Provinsie se hoofafrigter.

Pieterse het kort voor sy terugkeer na die land gesê hy moet nog besluit waar hy volgende gaan afrig.

Die kans is in hierdie stadium skraal dat hy ’n voltydse pos by die Kings sal kry.

Barend Pieterse toe hy nog by die Kings was. Foto: Gallo Images

Die Oos-Kaapse franchise moet nog ’n nuwe hoofafrigter aanstel, maar weens al die Covid-19-ontwrigtinge sal dit dalk eers later in die jaar gebeur.

Kempson sê intussen oefen die Kings se spelers gedurende die inperking dat dit klap by hul huise.

Volgens hom help dit darem dat die spelers nou meer kan gaan draf en hardloop met die inperkings wat effens verlig gaan word.

“Wat spanoefeninge betref, wag ons egter op riglyne van die regering, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Pro14 en ons dokter (Gershwin Kortje),” sê Kempson.

“Tydens vlak 2 mag ons bymekaar kom en tydens vlak 1 mag ons begin kontakoefeninge doen. Tot dan doen ons egter wat ons kan om seker te maak die spelers bly fiks.”

Volgens Kempson sal die spelers vir eers langer afstande hardloop om hul uithouvermoë te verbeter.

Hulle sal algaande korter afstande ter voorbereiding van rugbywedstryde begin hardloop.

“Ons monitor al ons spelers deeglik en sorg dat ons deurentyd in kontak met hulle is,” sê die breier.

“Glo my gerus, ons hou die spelers baie besig, ook met vergaderings (via onder meer Skype) oor aanval en verdediging. Hulle sit beslis nie net en televisie kyk nie!”

Meer oor:  Koronavirus  |  Barend Pieterse  |  Robbi Kempson  |  Op  |  Kings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.