Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kenia verneder Blitsbokke in Hamilton

Skaars twee dae gelede was die Blitsbokke nog ’n aanspraakmaker om die Hamilton-sewestoernooi te wen, maar Sondag het Kenia Suid-Afrika sy tweede nederlaag van die naweek besorg.

Collins Injera het een van Kenia se ses drieë gedruk. Foto: Getty Images

Kenia het ses drieë gedruk om die Blitsbokke gemaklik met 36-14 in hul laaste groepwedstryd by die toernooi in Nieu-Seeland te klop. Dit beteken dat Suid-Afrika derde in Groep B klaarmaak.

Die Blitsbokke het lusteloos en onbeholpe teen die Kenia gelyk, nadat hulle Saterdag ook teen Engeland verloor het.

Dinge het sommer vroeg skeefgeloop toe Cecil Afrika hom ’n geelkaart op die lyf geloop, nadat hy onkant was met Kenia sterk op die aanval.

Die Keniane het drie vinnige drieë gedruk om kort voor rustyd met 19-0 voor te loop. Muller du Plessis het darem voor die waterbreuk deurgedraf vir die Blitsbokke om slegs met 7-19 agter te loop ná die eerste helfte.

Maar skaars het spel hervat, of Kenia het weer gedruk. Dit nadat die Keniane ’n bal opgepik het by ’n losgemaal.

Suid-Afrika het hom vasgeloop teen ’n Kenia wat nie geskroom het om die Blitsbokke fisiek aan te vat nie. Die Keniane het balle onderskep, balle opgepik wat rondgelê het en gelyk soos ’n span wat oorloop van selfvertroue.

Die Blitsbokke daarenteen het sonder plan en visie gelyk.

* Puntemakers:

Kenia 36 (19): Drieë: Willy Ambaka, Geofrey Okwach, Collins Injera, Jeff Oluoch, Alvin Otieno, Vincent Onyala. Doelskoppe: Johnstone Olindi (2), Daniel Taabu.

Suid-Afrika 14 (7): Drieë: Muller du Plessis, Zain Davids. Doelskoppe: Branco du Preez, Selvyn Davids.

Meer oor:  Kenia  |  Hamilton-Sewestoernooi  |  Blitsbokke  |  Cecil Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.