Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kieran Read hang sy rugbytokse op

Kieran Read, voormalige kaptein van die All Black-rugbyspan, het Saterdag in Japan uit alle rugby getree nadat sy span, Toyota Verblitz, in die halfeindronde van die Japannese Topliga uitgeskakel is.

Kieran Read (wit trui) wen ’n lynstaan in Saterdag se halfeindstryd in die Japannese Topliga teen die Panasonic Wild Knights in Higasjiosaka. Foto: Getty Images

Read, wat saam met die All Blacks twee Wêreldbeker (WB)-toernooie in 2011 en 2015 gewen het, het sy besluit reeds voor Saterdag se nederlaag van 21-48 teen die Panasonic Wild Knights gemaak.

Die 35-jarige Read het in 2019 uit internasionale rugby getree nadat die All Blacks in die halfeindronde van die WB-toernooi deur Engeland geklop is.

Kieran Read met sy bronsmedalje ná 2019 se Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

“Ek sien daarna uit om na Nieu-Seeland terug te keer en tyd saam met my gesin deur te bring,” het Read, wat in 127 toetse gespeel het, op sosiale media aangekondig.

Die All Black-agsteman is in 2013 as die Wêreldspeler van die Jaar aangewys. Hy het ook vier Superrugbytitels saam met die Crusaders gewen. – Reuters

Meer oor:  Kieran Read  |  Sll Blscks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.