Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kies Cheslin nou al, sê Breyton

Kies Cheslin Kolbe nóú al.

Dís die raad van die voormalige Springbok-blits Breyton Paulse aan die Bok-breier, Rassie Erasmus, voor Saterdag se Rugbykampioenskap-toets teen Australië in Brisbane.

Cheslin Kolbe. Foto: Getty Images

“Ek sal gemaklik wees met Cheslin in die beginspan of op die plaasvervangersbank, maar gegewe die druk waaronder die span verkeer, dink ek dit sal die beste wees om hom eers op die bank te hê,” sê Paulse.

Hy voeg by dat dit belangrik is om volgens ’n wedstrydplan te speel wat die beste uit Kolbe en ander opwindende spelers soos Willie le Roux en Aphiwe Dyantyi haal.

“Dit gaan jou nie baat vind as jy Cheslin kies, maar nie ruimte skep nie. Hy het ook die potensiaal om ’n wedstryd oop te breek. Dit gaan sy rol in die span moet wees.”

Paulse (40), wat van 1999 tot 2007 in 64 toetse vir die Bokke gespeel het, meen dis twak dat Kolbe “te klein” is vir toetsrugby.

“As Damian McKenzie vir die All Blacks kan speel, waarom dan nie Cheslin vir die Bokke nie?,” sê Paulse, wat vroeg in sy loopbaan onder die persepsie deurgeloop dat hy te klein was.

As jy goed genoeg is, is jy groot genoeg.
Breyton Paulse

Paulse het nooit gesukkel om die mas op te kom op verdediging nie en het by geleentheid die All Black-reus Jonah Lomu platgetrek.

“Ek het altyd in my hart geweet dat ek goed genoeg is om myself te laat geld,” sê hy.

“Geen speler is perfek nie. Cheslin bied baie op die aanval en dis waar daar tekortkominge in Bokrugby is. Hopelik kry hy die geleentheid. Hy het sedert sy skuif Frankryk toe baie volwasse geraak.”

Breyton Paulse (links) en Jonah Lomu ná die Springbokke se toets teen die All Blacks op Edenpark in Auckland in 2001. Foto: Gallo Images

Paulse wys ook daarop dat Kolbe genoeg krag behoort te hê om sy deel op die verdediging te kan doen.

“Die lewe van ’n beroepsrugbyspeler is so dat hy in terme van kondisionering aan streng vereistes moet voldoen. As Cheslin op die vleuel of heelagter begin, sal hy net twee of drie keer in die wedstryd met groot spelers soos Rieko Ioane kennis maak,” sê Paulse.

“Jy het in elk geval ook gevind dat spelers soos Lomu en Julian Savea bo-oor voorspelers gehardloop het.

“As jy goed genoeg is, is jy groot genoeg.”

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Cheslin Kolbe  |  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Breyton Paulse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.