Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings-baas werp lig op Jake se Baaise draai

Hokaai, stop die lorrie, Jake White is nie die volgende afrigter van die Southern Kings nie! Dalk iewers in die toekoms, maar nog nie nou nie . . .

Koning Jake? Jake White het onlangs saam met lede van die Kings se bestuur gekuier. Foto: Gallo Images

Dít was basies die reaksie van die Kings se grootbaas, Loyiso Dotwana, toe hy gepols is oor die moontlikheid dat die voormalige Springbok-afrigter by die Oos-Kaapse franchise as hoofafrigter gaan inval.

Gerugte het die afgelope paar dae kwaai in Port Elizabeth rondgevlieg ná White en Dotwana saam by die derde kriekettoets tussen die Proteas en Engeland by St. Georgepark opgemerk is.

“Jake White het na Port Elizabeth toe gekom om die kriekettoets tussen die Proteas en Engeland (wat Maandag geëindig het) te kyk en ook om by vriende van hom te kuier,” sê Dotwana in ’n kort verklaring.

“Ons (vermoedelik Rory Steer, ook een van die Kings se eienaars wat saam met White opgemerk is) was ook by die krieket en het die kans gebruik om met hom oor rugby te gesels. Ons het hom ook gevra of hy enige van ons wedstryde gesien het.”

Volgens Dotwana het “hulle” toe later ’n ietsie saam met White gaan eet en hom oor sy sieninge van die Kings se vordering gepols.

“Soos ons voorheen verklaar het, is die soektog om ’n nuwe hoofafrigter vir die Kings te identifiseer en aan te stel steeds aan die gang. Ons sal wel op die geskikte tyd ’n aankondiging maak as dit nodig is.”

White, wat die Bokke in 2007 gebrei het toe hulle die Wêreldbeker gewen het, was onlangs ook in die nuus toe die voorryman Tendai (Beast) Mtawarira se biografie verskyn het.

Daarin vertel Mtawarira dat White die Haaie in 2013/14, toe hy van die Brumbies af gekom het, soos “skoolseuns” behandel het.

Loyiso Dotwana, voorsitter van die Southern Kings, het saam met White na die derde toets tussen die Proteas en Engeland in Port Elizabeth gekyk. Foto: Gallo Images

White, ’n voormalige onderwyser, was ook in September verlede jaar in die nuus toe daar aangekondig is dat hy die Hoër Tegniese Skool Drostdy van Worcester se rugbyspanne as konsultant gaan help brei.

Voor dít het White ook die Japannese span Toyota Verblitz en die Franse span Montpellier afgerig.

Daar was ’n tyd toe die bestuur van die Kings nie veel ooghare vir White gehad het nie. Dit was in die dae toe Alan Solomons nog die hoofafrigter en Cheeky Watson die baas van die Kings was.

Solomons en White het nie juis om dieselfde vuur gesit nie aangesien hulle vroeg in hul loopbane kop gestamp het.

White en Watson ook nie. White en Luke Watson, Cheeky se seun wat toe die Kings se kaptein was, was ook nie juis boesemvriende nie aangesien White op ’n keer deur politici gedwing is om Watson vir die Springbokke te kies.

Meer oor:  Jake White  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.