Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Base moet hard werk, nie hard droom

Dis goed om te droom, maar as jy net die hele dag sit en droom, kan jy maar daarvan vergeet om êrens te kom.

Harde werk, en nie sit en droom nie, sal die Kings ’n krag maak, glo die nuwe voorsitter van die Kings-raad, Andre Rademan. Foto: Gallo Images

Dit is die grondbeginsel waarop Andre Rademan, die nuwe voorsitter van die Southern Kings, sy werk doen.

Rademan het ’n paar jaar gelede die president van ’n bankrot Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) geword en die unie stadig maar seker weer help opbou.

Nou gaan Rademan, wat aanbly as president van die OPRU, ook sy moue vir die Kings oprol.

Nes ons met die OPRU reggekry het, moet ons die Kings op ’n stewige finansiële voet kry sodat ons vir die toekoms kan bou.

“Die Oos-Kaap se rugby-publiek is seker al moeg om te hoor van mense wat beloftes maak van wat hulle met die Southern Kings wil doen of nie wil doen nie,” sê Rademan.

“Jy kan nie mense blameer as hulle vir ’n opwindende toekoms duime vashou nie.

Die nuwe Kings-raad wil glo alles in sy vermoë doen om dit vir die span makliker te maak om net op hul spel te kan fokus. Foto: Gallo Images

“Maar kom ons los die drome vir eers. Ons het ’n werk om te doen en nes ons met die OPRU reggekry het, moet ons die Kings op ’n stewige finansiële voet kry sodat ons vir die toekoms kan bou.”

Volgens Rademan is die nuwe Kings-raad, bestaande uit homself, Mbulelo Gidane, Monde Tabata, Jannie Louw en Gugu Nxiweni, “100%” toegespits op die korttermyn-doelwitte en die mediumtermyn-behoeftes van die Kings.

“Dit behels om seker te maak die kantoorsake verloop glad met salarisse en ander betalings wat op tyd gedoen word en binne die begroting bly en om die afrigters en die spelers te ondersteun terwyl hulle gereed maak om weer te speel,” sê Rademan.

Ons maak nie enige beloftes nie, want spanne word nie op beloftes gebou nie.

Verder vorentoe kan daar weer daaraan gewerk word om die 74% aandele wat SA Rugby van die vorige eienaars af teruggeneem het, weer aan ’n nuwe eienaar oor te dra.

“Maar vir nou is die boodskap duidelik: Dis ’n uitdagende tyd, maar ook ’n opwindende een wat met ’n sin van realisme aangepak moet word,” sê Rademan.

“Ons maak nie enige beloftes nie, want spanne word nie op beloftes gebou nie. Ons belowe net dat ons soliede fondasies sal probeer lê waarop ander rugbyspanne kan bou.”

Meer oor:  André Rademan  |  Opru  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.