Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings dreun mekaar op in slypsessie
Benhard Janse van Rensburg Foto: Gallo Images

Dinge het maar rof gegaan by die Southern Kings se oefening Dinsdagoggend by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth . . . en dit gaan later in die week nog rowwer raak!

’n Paar spelers het tydens die Kings se kontaksessie bly lê, met die voorryman Mzamo Majola wat weens ’n beenbesering mediese hulp moes kry.

Nog ’n voorryman, Schalk Ferreira, het op sy tande gekners ná ’n handbesering.

Dis ook ’n wonder die haker Tango Balekile is nie hospitaal toe nie nadat die slot Lindokuhle Welemu hom te pletter geloop het.

Deon Davids, Kings-breier.
Mzamo Majola. Foto: Gallo Images

“Dis maar die risiko wat ’n mens loop met kontaksituasies. Die stampe en stote is deel van die spel,” sê Deon Davids, die Kings se hoofafrigter.

“As ons ons vaardighede wil opskerp, moet ons dit in wedstrydsituasies toets.”

Davids sê twee spanne van die Kings sal mekaar Donderdag in ’n oefenwedstryd pak.

“Ek hoop nie nog ouens kry seer nie, maar ons het die oefenwedstryd nodig,” sê hy.

“ ’n Paar manne het lanklaas gespeel, ons wil ’n paar kombinasies beproef en dan is daar ook ’n paar nuwe manne waarna ons wil kyk.”

Anthony Volmink, ’n veelsydige agterspeler van die Leeus, het reeds verlede week in Port Elizabeth aangemeld.

Nog twee agterspelers, die Haaie-losskakel Benhard Janse van Rensburg en die veelsydige Gerrie Labuschagne sal ook speelkans kry.

Labuschagne kom van die Leeus af.

Janse van Rensburg se skuif maak ook sin, aangesien hy volgende jaar agter Curwin Bosch, Robert du Preez, Garth April en Inny Radebe in die Haaie se losskakeltou sal staan.

Freddie Muller, ’n skrumskakel van Boland, en Le Roux Roets, ’n slot van die Haaie, is die ander nuwelinge.

Roets, ’n blok van ’n mens, het voorheen ook draaie by die Blou Bulle en die Franse klub Racing 92 gegooi.

Roets, ’n blok van ’n mens, het voorheen ook draaie by die Blou Bulle en die Franse klub Racing 92 gegooi.

Volgens Davids kan daar dalk nog ’n paar spelers voor Donderdag bykom.

Die Kings was twee gelede in aksie toe hulle ongelukkig was om in die Wolfson-stadion net buite Port Elizabeth met 36-43 teen Ulster te verloor.

Hul volgende wedstryd is volgende Sondag teen die Scarlets in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Meer oor:  Schalk Ferreira  |  Deon Davids  |  Port Elizabeth  |  Pro14  |  Oefening  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.