SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Kings-haker sleep OP dalk hof toe
Super-senter? Gaan die jong senter Jeremy Ward verrassend by die Kings se uitsoekgroep ingesluit word? Foto: Theo Jeptha

Port Elizabeth. – Die Kings-haker Michael van Vuuren wil die Oostelike Provinsie Rugbyunie voor die hof daag oor sy agterstallige betaling.

In ’n brief wat Van Vuuren op sy Facebook-blad geplaas het, skryf hy dat hy “ontnugter” is oor wat vanjaar in OP-rugby gebeur het.

“Ondanks ’n versoekskrif en pleidooie van die spelers, is dit vir my duidelik dat die bestuur (van die OPRU) nie die kwessies kan oplos nie,” het hy geskryf.

Volgens hom het hy geen keuse as om sy kontrak te kanselleer en die saak in sy prokureurs se hande te laat nie.

In nóg ’n interessante verwikkeling lyk dit of dit uit is met die oues en in met die groentjies wanneer die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) uiteindelik die Southern Kings se gekontrakteerde groep sal bekend maak.

Maar die oues wat uitgestoot kan word, is nie noodwendig oud nie en hulle is ook nie noodwendig swakker as die groentjies nie.

Saru kan die groentjies bloot goedkoper kontrakteer, dis wat.

In die proses kan daar ’n klompie skokke wees met hardebaarde wat vanjaar nog goeie spel vir die OP-Kings gelewer het wat dalk nie die Superrugby-groep gaan haal nie.

Dit sou roekeloos wees om name te noem, maar dis vanselfsprekend dat spelers wat die versoekskrif teen die Oostelike Provinsie Rugbyunie en Saru onderteken het, op dun ys is.

Indien Saru van daardie manne wil kontrakteer, kan dit op netelige onderhandelinge afstuur.

Vier spelers wat byvoorbeeld die versoekskrif onderteken het en wat beslis groot rolle in die Kings se veldtog sou kon speel, is die slot ­Steven Sykes, vleuel Siyanda Grey en flanke Vleis Engelbrecht en Thembelani Bholi.

Met twee van die Kings se junior afrigters, Mzwandile Stick en Barend Pieterse, deel van die franchise se afrigtingspan, sal dit nie ’n skok wees as daar van die Kings se junior spelers in die vinnige baan boontoe gestuur word nie.

Die eerste naam wat opduik, is dié van vanjaar se o.19-kaptein, die binnesenter Jeremy Ward.

Voorts is daar die skrumskakel James Hall en die losvoorspeler Junior Pokomela.

Van vanjaar se o.21’s van die Kings, kan die heelagter ­Malcolm Jaer en die flank CJ Velleman hulle dalk skielik in groot geselskap bevind.

Dis onduidelik wanneer ­Saru die franchise se uitsoekgroep bekend sal maak.

  • Die veelsydige agterspeler Hansie Graaff het gister bevestig dat hy voortaan vir die SWD-Arende beskikbaar is. Daar was aanvanklik sprake daarvan dat Graaff op pad was Griffons toe.

Meer oor:  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.