Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings-heelagter eindelik in Frankryk
Die talentvolle jong heelagter Michael Botha het ’n kontrak om tot die einde van Junie volgende jaar vir Niort in Frankryk te speel. Foto: Gallo Images

Die voormalige Southern Kings-heelagter Michael Botha het oplaas in Frankryk aangekom waar hy vir die klub Niort gaan speel.

Die 23-jarige Botha het weens Covid-19-reisbeperkings maande lank gesukkel om in Frankryk uit te kom. Daar was in ’n stadium selfs sprake daarvan dat hy eerder hierdie seisoen vir die Oostelike Provinsie gaan speel.

“Dit was ’n lang pad, maar ek is darem nou in Frankryk en is tot die einde van Junie volgende jaar vir Niort beskikbaar,” het Botha die naweek laat weet.

Die bekendste speler wat vir Niort speel, is die Fidjiaanse veteraan-agterspeler Marika Vunibaka. Dié vleuel was in die vroeë 2000’s een van die Crusaders se sterre.

Die enigste ander Suid-Afrikaner by die klub, is die voormalige Puma Johann Grundlingh, wat slot of losvoorspeler speel.

Meer oor:  Michael Botha  |  Frankryk  |  Port Elizabeth  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.