Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings het nie planne met Scarra nie

Die Southern Kings het dit Dinsdag duidelik gemaak dat hulle nie amptelik met Scarra Ntubeni onderhandel het om vir hulle te kom speel nie.

Scarra Ntubeni / Foto: Nasief Manie

Dit volg ná berigte waarin Deon Davids, die Kings se hoofafrigter, sê hy wil graag Ntubeni se dienste bekom.

“Ek het Scarra toevallig raakgeloop en ons het net gesels oor die moontlikheid dat hy iewers in die toekoms vir ons kan speel,” sê Davids.

“Ons konkel nie van ons kant af om hom by die Westelike Provinsie af weg te rokkel nie. Ons het ook nie met sy agent gesels oor so ’n skuif nie.”

Met die Kings se eerstekeuse-haker en gereelde kaptein, Michael Willemse, buite aksie weens ’n skouerbesering, sou Ntubeni ’n groot aanwins vir die Kings kon wees.

In hierdie stadium wil dit lyk asof dit maar net een van die items op die Kings se wenslysie gaan bly.

Kerron van Vuuren, ’n haker van die Haaie, is darem steeds op proefgrondslag by die Kings.

In hierdie stadium is Alandre van Rooyen in die Kings se beginspan, met Tango Balekile op die bank.

Meer oor:  Pro14  |  Kings  |  Scarra Ntubeni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.