Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings kan nou net res se pret bederf
Rhyno Smith is die voorste driedrukker in die Pro14-reeks. Foto: Gallo Images

Met die Pro14-reeks wat verby sy halfpadmerk vir die seisoen is, is dit die Ierse span Leinster en die Skotse span Edinburgh wat die pas aangee.

Die twee Suid-Afrikaanse spanne in die reeks, die Cheetahs en die Southern Kings, sal op hul beurt hard moet werk om hul plekke op die puntelys te verbeter.

Die Cheetahs kan beslis nog die uitspeelrondes haal, maar die beste waarvoor die Kings nog kan hoop, is om met ’n skoksege hier en daar sake vir die groot kanonne deurmekaar te krap.

Leinster is met 56 punte die voorloper in Afdeling 1 met Ulster (41) tweede en die Glasgow Warriors (34) derde.

Dan volg die Cheetahs (31), Dragons (18), Zebre (14) en die Ospreys (12).

In Afdeling 2 is dit Edinburgh wat bo is met 43 punte, gevolg deur Munster (40) en die Scarlets (37).

Die res van die spanne wat volg, is Connacht (30), die Cardiff Blues (29), Benetton (24) en die Kings (7).

Die Cheetahs het Saterdag ’n gulde geleentheid om hul plek op die lys te verbeter wanneer hulle in Wallis teen die Dragons speel.

Die Cheetahs het Saterdag ’n gulde geleentheid om hul plek op die lys te verbeter wanneer hulle in Wallis teen die Dragons speel.

Vir die Kings wag daar Sondag op hul tuisveld in Port Elizabeth nog ’n taai stryd teen Connacht.

Die twee groot kragmetings dié naweek is tussen Leinster en die Glasgow Warriors en Munster en die Scarlets.

Edinburgh behoort op sy tuisveld met die Cardiff Blues af te reken.

’n Paar Suid-Afrikaanse manne se name verskyn op die lys van voorste puntemakers.

Die puik heelagter van die Cheetahs Rhyno Smith is met 10 drieë die voorste driedrukker. Nog ’n Cheetah, die haker Joseph Dweba, is in die gesamentlike tweede plek met sewe drieë.

Ruan Pienaar, die Cheetahs se inspirerende skrumskakel, het sover die vierde meeste punte aangeteken.

Pasaangeërs in Pro14

Voorste puntemakers: 1. John Cooney (Ulster) 94 punte, 2. JJ Hanrahan (Munster) 92, 3. Sam Davies (Dragons) 76, 4. Ruan Pienaar (Cheetahs) 73, 5. Jarryd Evans (Cardiff Blues) 70.

Driedrukkers: 1. Rhyno Smith (Cheetahs) 10, 2. Joseph Dweba (Cheetahs), George Horne (Glasgow), Ronan Kelleher (Leinster), Duhan van der Merwe (Edinburgh) almal 7, 3. Arno Botha (Munster), Mark Bennett (Edinburgh), Steff Evans (Scarlets), Matt Faddes (Ulster), Dave Kearney (Leinster) almal 6.


Meer oor:  Rhyno Smith  |  Joseph Dweba  |  Bloemfontein  |  Port Elizabeth  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.