SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Kings kan Van Breda dalk weer gebruik

Daar is ’n moontlikheid dat Scott van Breda hierdie seisoen in nog wedstryde vir die Southern Kings beskikbaar gaan wees.

Scott van Breda kan dalk hierdie seisoen weer vir die Southern Kings in die Pro14-reeks in aksie wees. Foto: Getty Images

Die Kings het Van Breda gedurende hul afgelope oorsese toer vir twee wedstryde by die Engelse klub Worcester Warriors geleen.

Teen die Glasgow Warriors het Van Breda as plaasvervanger op die veld gegaan, maar die afgelope naweek teen die Ospreys was hy in die beginspan.

Die lenige heelagter was toe een van die Kings se uitblinkers in hul oorwinning van 16-14 oor die Walliese span.

“Ons is besig om met Worcester te onderhandel oor die moontlikheid dat hy steeds – of iewers vorentoe weer – vir ons beskikbaar kan wees,” sê Robbi Kempson, die Kings se waarnemende hoofafrigter.

“Worcester kyk nog of hulle sonder hom sal kan regkom en sal ons laat weet.”

Alan Solomons, ’n voormalige hoofafrigter van die Kings, is Worcester se direkteur van rugby.

Hy en Kempson het voorheen lank saam gewerk toe Kempson die Oostelike Provinsie se Akademie bestuur het.

Masixole Banda kan verwoesting saai met sy aanvallende spel op die droër plaaslike velde. Foto: Gallo Images

“Dis nie asof ons nie vertroue het in die ander heelagters in ons groep nie,” sê Kempson.

“As Scott wel kom, kan die jonger manne (soos Andell Loubser, Michael Botha en Courtney Winnaar) baie by hom leer.

“Teen die Ospreys het Scott gewys hoe goed hy op ’n nat veld is. Sy lynskoppe en stelskoppe was iets ysliks.”

Van Breda het deur die OP se Akademie-stelsel gekom en het tussen 2012 en 2015 64 keer vir die OP en twee keer vir die Kings gespeel.

In 2016 is hy Kaapstad toe waar hy 20 keer vir die Westelike Provinsie en drie keer vir die Stormers in aksie was.

Hy het toe ’n draai gemaak by die Jersey Reds – dieselfde span wat die Kings se een slot Jerry Sexton vroeër vanjaar nog aangevoer het – voordat hy verlede jaar by Worcester aangesluit het.

Die Kings het ook nog vir Masixole Banda wat heelagter kan speel. Die ervare Banda is egter gevaarliker op die droër plaaslike velde as die swaar en nattes oorsee.

Meer oor:  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.