Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings-kaptein ken g’n van boedel oorgee
JC Astle verlaat die veld in die Kings se kragmeting met Leinster in Dublin om steke aan sy kop te kry.Foto: Gallo Images

JC Astle was veronderstel om in die naweek ’n blaaskans te kry, maar toe neem hy aan ’n veldslag deel.

Die Kings se bebaarde slot en kaptein het voor Saterdag se Pro14-wedstryd teen Leinster in Ierland met keel- en neus-infeksie gesukkel.

Deon Davids, die Oos-Kapenaars se hoof-afrigter, het toe besluit dat Astle eerder op die plaasvervangersbank moet sit en dat Stephan Greeff op slot saam met Dries van Schalkwyk moes begin.

Maar toe kry Greeff ná net tien minute ’n harde stamp teen die kop en hy moes die veld verlaat.

Daar was geen ander keuse as om Astle op te stuur nie. Van lyf wegsteek was daar vir die siekerige Astle geen sprake nie.

Hy het sy deel in die lynstane en losgemale gedoen en hy was met 24 duikslae ook een van die Kings se beste verdedigers.

Iewers in die geharwar moes hy boonop self die veld kortliks verlaat sodat daar steke aan ’n bloeiende wond bo op sy kop gesit kon word.

Toe hy na die veld terugkeer, het Astle aangehou om sy beste te lewer.

Maar dit was alles tevergeefs, want die Kings is heeltemal deur Leinster oordonder en is met 59-19 getrap.

Die Kings het ook hul agtsteman, Ruaan Lerm, met harsingskudding verloor.

Ruaan Lerm, wat hier ’n lynstaanbal teen Leinster wen, het harsingskudding in die kragmeting met die Ierse span opgedoen.Foto: Gallo Images

Die heelagter Ulrich Beyers, wat ’n mooi drie gedruk het, het op sy beurt ’n beenbesering opgedoen.

Dis nog nie seker or Lerm, Greeff en Beyers reg sal wees om Saterdag in Wallis teen die Cardiff Blues te speel nie.

Die Blues het in die naweek ’n skittervertoning gelewer deur Edinburgh op Murrayfield met 19-17 te klop.

Edinburgh was met die rustyd met 14-0 voor, maar die besoekende Walliese span het drie drieë in die tweede skof gedruk om te wen.

Die Kings kan hulle maar regmaak vir nog ’n moeilike stryd.

Voor hul kragmeting met Leinster is die Oos-Kapenaars deur Munster in Cork met 43-0 afgeransel.

Meer oor:  Deon Davids  |  Jc Astle  |  Port Elizabeth  |  Cardiff  |  Pro14-Reeks  |  Southern Kings  |  Kaptein  |  Rugby  |  Blues
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.