Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Konsortium spring aan die werk

Die konsortium sakelui wat die meerderheid aandele in die Southern Kings-franchise gekry het, laat nie gras onder hul voete groei nie.

Die konsortium sakelui wat die meerderheid aandele in die Southern Kings-franchise besit, is van links Kenny Govender, Gary Markson, Vuyo Zitumane, Loyiso Dotwana en Rory Stear. Foto: Willemien Green

SA Rugby het verlede week bevestig dat The Greatest Rugby Company in the Whole Wide World (Pty) Ltd (GRC) 74% van die Kings se aandele oorgeneem het.

Die GRC het Donderdagaand op ’n onthaal by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth ’n paar aankondigings gedoen.

Een daarvan is wie die Kings se nuwe raad sal wees wat die franchise vorentoe moet neem.

Loyiso Dotwana, die konsortium se woordvoerder, is ook die nuwe voorsitter.

Nog drie lede van die konsortium, Rory Stear, Kenny Govender en Gary Markson, is ook op die raad.

Die twee lede van die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) – wat die ander 26% aandele in die franchise het – se verteenwoordigers is Bantwini Matika en Shaheed Patel.

Andre Rademan, die president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie, wens Robbi Kempson geluk met sy aanstelling as hoëprestasie-direkteur van die Kings. Foto: Willemien Green

Michael Sacke, ’n verteenwoordiger van Isuzu (die Kings se naamborg), is een van die onafhanklike direkteure.

Die ander onafhanklike direkteur is Gugu Nxiweni, wat ’n agtergrond as rekenmeester het.

Andre Rademan, die OPRU se president, het ook ’n uitnodiging om al die raad se vergaderings by te woon.

Dotwana het ook aangekondig dat die voormalige Springbok Robbi Kempson as hoëprestasie-direkteur van die Kings aangestel is.

Dis ’n nuwe rol in die franchise en van sy verantwoordelikhede sluit in om topspelers te werf, ’n ogie oor die afrigtingstrukture te hou en om ’n akademie te vestig.

Dotwana het ook gesê Deon Davids is steeds die Kings se hoofafrigter. Davids se kontrak loop tot Mei 2020.

* Rademan het gesê een van die Kings se hulpafrigters, Chumani Booi, sal die OP-Olifante in die komende SuperSport-uitdaag- en Curriebeker-reekse afrig.

Hy sal deur Sivuyile Kobokana bygestaan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.