Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings kontrakteer glo senter-bielie

Twee belowende, jong agterspelers van die Madibaz kan die verrassingspakket wees wanneer die Southern Kings vorentoe hul volledige Pro14-groep aankondig.

Daar word betroubaar verneem dat die senter Christopher Hollis en die vleuel Josiah Twum-Boafo in die groep gaan wees.

Christopher Hollis vroeër vanjaar in aksie vir die Madibaz.Foto: Gallo Images

Albei het vanjaar vir die Madibaz in die Varsityskild-reeks uitgeblink.

Die Madibaz het in die eindstryd van dié reeks met 28-32 teen die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie verloor.

Hollis is ’n groot, sterk senter wat 1,91 m lank is en ongeveer 105 kg weeg.

Hy is in Tarkastad in die hartjie van die Oos-Kaap gebore en was in Queen’s College in Queenstown op skool.

Josiah Twum-Boafo toe hy ’n paar jaar terug vir Grey High gespeel het. Foto: Gallo Images

Hy het vir Grens Cravenweekrugby gespeel voordat hy ’n paar jaar in Pretoria deurgebring het waar hy die Blou Bulle se junior spanne gehaal het.

Hollis was verlede jaar ook in die Blou Bulle se Curriebeker-groep en het vir die Loftus 200-span uitgedraf.

Twum-Boafo se pa is van Ghana en sy ma van Trinidad en Tobago en hy is in Butterworth in die Oos-Kaap gebore.

Dié blitsige vleuel, wat sy matriek by Grey High in Port Elizabeth geskryf het, het vir die Oostelike Provinsie van skolevlak tot o.21-vlak gespeel.

Meer oor:  Cravenweek  |  Varsitybeker  |  Madibaz  |  Pro14-Reeks  |  Southern Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.