Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings kragtige stut kwyt weens skorsing
Die Southern Kings-stut Pieter Scholtz.Foto: Gallo Images

Die Southern Kings sal in hul volgende drie Pro14-wedstryde sonder die sterk vaskopstut Pieter Scholtz moet klaarkom.

Scholtz is Vrydag deur ’n tugkomitee vir drie weke geskors omdat hy glo in die Kings se vorige wedstryd teen Edinburgh kontak met ’n speler se oog gemaak het.

Scholtz is deur die komitee via ’n video-konferensie van die besluit meegedeel.

Die komitee het uit Michael Coghlan, George Spotswood en Donal Courtney bestaan.

Die Kings het nie die besluit teëgestaan nie.

Scholtz sal dus nie vir die die Oos-Kapenaars se wedstryde op Vrydag 18 Januraie teen die Cheetahs, Saterdag 26 Januarie teen Edinburgh en Saterdag 2 Februarie – wéér teen die Cheetahs – beskikbaar wees nie.

Die eerste twee wedstryde sal in Port Elizabeth gespeel word en die laaste een in Bloemfontein. – Michael Green

Meer oor:  Pro14  |  Southern Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.