Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings kry Majola terug van die Haaie

Die Southern Kings het hul stutspens aangevul met die Haaie-stut Mzamo Majola, wat hom weer by die Oos-Kaapse span aangesluit het.

Majola is vroeër vanjaar gedurende die Superreeks deur die Haaie aan die Kings geleen, maar is terug Durban toe nadat dié reeks geëindig het.

Die voorryman Mzamao Majola is terug by die Southern Kings. Foto: Gallo Images

Deon Davids, die Kings se hoofafrigter, sê hy is “opgewonde” om die 24-jarige voorryman nou weer vir die res van die Pro14-reeks by die Kings te hê.

Mazamo het maar min speelkans by die Haaie gekry voor hy hom in die Superreeks by die Kings aangesluit het.

“Maar hier by ons het hy gewys wat hy kan doen as hy genoeg speelkans kry,” sê Davids.

Die SWD-Arende se losskakel, Martin du Toit, het hom ook Dinsdag by die Kings aangesluit.

Davids sê hy hou Du Toit al ’n geruime tyd dop en slaan hom hoog aan.

“Hy het goeie leierseienskappe, kommunikeer baie goed en kan ook op binnesenter gebruik word,” sê Davids.

Die Kings-breier het gereageer op ’n onlangse stelling deur Swys de Bruin, die afrigter van die Goue Leeus, dat die rugby in die Pro14-reeks teen ’n stadige tempo gespeel word.

“Ek dink dis kwaliteitspanne teen wie ons speel en daar is definitief sekere aspekte van hul spel wat besonderse uitdagings aan ons bied,” sê Davids.

Martin du Toit, ’n losskakel van die SWD-Arende, is ook nou ’n King. Foto: Gallo Images

Volgens Davids is al die Europese wedstryde beslis nie stadig nie.

“Kyk na die naweek se (Kampioenebeker-wedstryd) tussen die Exeter Chiefs en die Glasgow Warriors. Dis teen ’n geweldige pas gespeel en was baie fisiek,” sê hy.

“Ek dink nie daar is so ’n groot verskil (met Superrugby) nie.

“Hulle (die oorsese Pro14-spanne) is baie sterk gefokus op verdediging. Ook op die vaste fasette en die spel by die afbreekpunte.”

Davids sê hy ervaar dat die Pro14-spanne “sterker lyne” hardloop wat “jy moet trotseer.”

Omdat die Europese spanne ook so sterk by die afbreekpunte meeding moet “jy vinnig dink en besluite neem”.

Davids sê die Europese Pro14-spanne het ook weer die belangrikheid van goeie taktiese skopwerk “en hoe jy daarteen verdedig” onderstreep.

Die Kings speel volgende Vrydag teen die Glasgow Warriors in Skotland.

Meer oor:  Deon Davids  |  Pro14  |  Southern Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.