Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings lak mekaar dat die polle spat

’n Paar spelers wat vandeesweek eers saam met die Southern Kings begin oefen het, sal na verwagting Maandag saam met die Oos-Kaapse span op die vliegtuig wees Europa toe.

Tango Balekile sal na verwagting Maandag saam met die Kings op die vliegtuig Europa toe klim. Foto: Gallo Images

Die Kings speel volgende week teen Zebre in Italië en die week daarna teen die Dragons in Wallis.

In dié stadium hou Deon Davids, die Kings se hoofafrigter, nog sy kaarte teen sy bors oor hoe sy toerspan gaan lyk.

Geoordeel aan Vrydag se oefening, kan nuwelinge soos die voormalige Springbok-vleuel Bjorn Basson en die voormalige veelsydige agterspeler van die Bulle Ulrich Beyers in die groep opgeneem word.

Tango Balekile, ’n haker wat verlede jaar vir die Kings gespeel het, maar aanvanklik nie gekontrakteer is nie, kan ook saamreis.

Dieselfde geld die skrumskakel Godlen Masimla.

Die Kings het min diepte en bogenoemde spelers sal noodgedwone ingesluit moet word.

Hulle sal waarskynlik as plaasvervangers diens doen vir die eerste wedstryd.

Die Kings het mekaar behoorlik die stryd aangesê in Vrydag se oefening.

Hulle het weliswaar nie in die aanloop tot die eerste wedstryd ’n oefenwedstryd gespeel nie, maar die spelers het mekaar in Vrydag se sessie geduik dat die graspolle spat.

Een van die hakers, Alandré van Rooyen, het ’n bloedneus opgedoen.

Nog een, die jong voorryman Lupumlo Mcguca, het met ’n seer enkel noodhulp gaan soek.

* Stephan de Witt, ’n flank van die Westelike Provinsie, en Ruan van Rensburg, ’n veelsydige agterspeler van die Cheetahs, het ook intussen by die Kings begin oefen.

Meer oor:  Pro14  |  Southern Kings  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.