Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings leen haker by WP vir stryd teen Nam
Chad Solomon van die Westelike Provinsie gaan vir die Southern Kings op haker uithelp.

Die Southern Kings moes noodgedwonge ’n paar versterkings ontbied vir hul tweede opwarmingswedstryd teen Namibië, wat Saterdag in Walvisbaai gespeel word.

’n Paar van die Oos-Kapenaars is die afgelope naweek in die eerste opwarmingswedstryd teen die Welwitschias beseer.

Namibië slyp in dié kragmetings vir die Wêreldbeker-toernooi, terwyl die Kings opwarm vir die Pro14-reeks.

Die Westelike Provinsie het die haker Chad Solomon vir dié wedstryd aan die Kings geleen, aangesien die Kings erg in dié posisie uitgedun is.

Gareth Heidtmann het harsingskudding opgedoen en met hom uit het die Kings net een fikse haker, Alandre van Rooyen.

Tango Balekile herstel nog in Port Elizabeth van ’n enkelbesering en kon nie oorweeg word nie.

Jacques du Toit is op sy beurt nog by die Vrystaat-Cheetahs se Curriebeker-veldtog betrokke en sal hom eers daarna by die Kings aansluit.

Dan het die Cheetahs wel ingestem om die jong slot/flank Elrigh Louw nou al toe te laat om by die Kings aan te sluit.

Dan het die Cheetahs wel ingestem om die jong slot/flank Elrigh Louw nou al toe te laat om by die Kings aan te sluit.

Louw, wat vanjaar vir die Suid-Afrikaanse o.20-span uitgedraf het, kan speelkans kry teen die Welwitschias indien Thembelani Bholi moet uitsit.

Bholi moet nog medies geskik vir die wedstryd verklaar word nadat hy ’n stamp teen die kop in die vorige wedstryd gekry het.

Xandré Vos, wat aanvanklik nie in die Kings se groep vir die opwarmingswedstryde was nie, is ook op pad Walvisbaai toe.

Hy sal moet instaan vir die loskopstut Cameron Dawson, wat ’n voetbesering opgedoen het.

Daar is nie ’n plaasvervanger vir die vleuel Christian Ambadiang, wat ’n kniebesering opgedoen het, aangevra nie.

JT Jackson

Die verwagting is dat een van die senters, Chris Hollis of JT Jackson, in Ambadiang se plek gebruik sal word.

Die Kings het ook die skrumskakel Josh Alderman opgeroep en hy kan dalk Saterdag op die plaasvervangersbank wees.

Die losvoorspeler Lusanda Badiyana sal nie vir die kragmeting oorweeg word nie aangesien hy sy elmboog beseer het.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Wp  |  Southern Kings  |  Rugby  |  Haker  |  Senter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.