Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings lugtig, al speel Scarlets se ‘2de span’

Al is die Scarlets kwaai uitgedun vir hul Pro14-wedstryd Vrydagaand in die Madibaz-stadion in Port Elizabeth, onderskat Deon Davids, die Kings se breier, die Walliese span beslis nie.

Die slot David Bulbring sal Vrydagaand in sy geboortestad vir die Scarlets teen die Kings speel. Foto: Getty Images

Altesaam 12 spelers van die Scarlets is deur Warren Gatland, Wallis se afrigter, in sy groep vir die November-toetse ingesluit.

Rob Evans, Wyn Jones, Ryan Elias, Ken Owens, Samson Lee, Jake Ball, Gareth Davies, Rhys Patchell, Jonathan Davies, Hadleigh Parkes, Steffan Evans en Leigh Halfpenny is die Scarlet-spelers wat Wallis se span kan haal.

Nog ses van die Scarlets se spelers is beseer en is nie vir die kragmeting met die Kings oorweeg nie. Die senter Kieron Fonotia is boonop vir ’n paar weke geskors omdat hy ’n ander speler in ’n klubwedstryd geslaan het.

Gelukkig vir die Kings is die puik heelagter Leigh Halfpenny deur Warren Gatland, Wallis se afrigter, vir nasionale diens opgeroep. Foto: Getty Images

“Die groep wat teen ons gekies is, is steeds gelaai met gehaltespelers,” sê Davids.

“Die Scarlets het geweldig baie diepte en ons sal nie die fout maak om hulle te onderskat nie.”

Daar is nog spelers in die Scarlets se span wat internasionale ervaring het. Die skrumskakel Sam Hidalgo-Clyne het byvoorbeeld al 12 toetse vir Skotland gespeel en Uzair Cassiem (losvoorspeler) en Werner Kruger (voorryman) is Springbokke.

Die besoekers het in die flank Blade Thomson iemand wat al ses keer vir die Nieu-Seelandse Maori’s gespeel het.

Die slotte David Bulbring (ook van Suid-Afrika) en Steve Cummins, asook die stut Phil Price is self uiters ervare.

Dieselfde geld vir agterspelers soos Johnny McNicholl (vleuel) en Paul Asquith (senter).

In Clayton Blommetjies het die Scarlets boonop ’n heelagter wat altyd graag wil wys dat hy eintlik ’n Springbok behoort te wees.

Die voormalige Springbok-stut Werner Kruger sal die Kings se skrumwerk toets. Foto: Getty Images

Die Scarlets het die afgelope twee weke nederlae in die Europese Kampioenebeker-reeks teen Racing 92 en die Leicester Tigers gely.

Voor dit het hulle met 20 – 17 teen die Ospreys gewen en ook die Kings in Wallis met 54 – 14 afgeslag.

Die Kings het sedert daardie nederlaag ’n blaaskans gehad en moes self planne beraam om beseerde spelers te vervang. Die grootste terugslag is dalk die skouerbesering waarmee Michael Willemse, die Kings se haker en gereelde kaptein, sukkel. In sy afwesigheid sal Alandre van Rooyen en Tango Balekile hul storie veral met die ingooie by die lynstane moet ken.

Die Scarlets se toergroep

Voorspelers: Phil Price, Dylan Evans, Werner Kruger, Simon Gardiner, Taylor Davies, Marc Jones, Daf Hughes, David Bulbring, Tom Price, Josh Helps, Steve Cummins, Blade Thomson, Josh Macleod, Will Boyde, Uzair Cassiem en Ed Kennedy.

Agterspelers: Sam Hidalgo-Clyne, Kieran Hardy, Declan Smith, Dan Jones, Steff Hughes, Paul Asquith, Ioan Nicholas, Morgan Williams, Johnny McNicholl en Clayton Blommetjies.

Meer oor:  Scarlets  |  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.