Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings maak nog nie benoude spronge
Josiah Twum-Boafo (regs), wat Michael Botha hier in ’n oefening vasvat, kan dalk Saterdag vir die Kings speelkans teen Ulster kry.Foto: Gallo Images

Die Southern Kings se afrigters gaan nie nou ’n rits veranderinge aan die span maak in die hoop dat dit die Oos-Kapenaars op die wenpad gaan bring nie.

“Ons is besig om te bou en die span is besig om te groei. Ons wil nie oorhaastige veranderinge maak nie,” sê Vuyo Zangqa, een van die span se hulpafrigters.

Ons is besig om te bou en die span is besig om te groei. Ons wil nie oorhaastige veranderinge maak nie.
Vuyo Zangqa

Die Kings het hul eerste twee wedstryde in hierdie seisoen se Pro14-reeks naelskraap verloor.

Hulle speel Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion teen Ulster, wat verlede week met 26-63 teen die Cheetahs verloor het.

By die Kings se oefeninge lyk dit in hierdie stadium of daar net een verandering gemaak gaan word.

Dit kan op regtervleuel wees waar Andell Loubser vir Josiah Twum-Boafo of Sibusiso Sithole kan plek maak.

Vuyo Zangqa, een van die Kings se hulpafrigters, meen die Oos-Kapenaars se agterlyn kan verbeter.Foto: Gallo Images

Hoewel die Kings se agterlyn nie die afgelope naweek teen Munster vreeslik gevaarlik gelyk het nie, meen Zangqa dat die Oos-Kapenaars wel die talent het om skade aan te rig.

“Ons moet vinniger balbesit kry sodat die teenstanders se verdedigers ons nie onder soveel druk plaas nie,” sê hy.

“En dan is dit net ’n kwessie van meer geduld en meer klinies op die aanval wees.”

Hy meen ook die Kings moet vinniger slaan wanneer omkeerbesit bewerkstellig word of as hulle die bal uit gebroke spel kry.

Hoewel die Cheetahs daarin geslaag het om Ulster uitmekaar te hardloop, bly Zangqa versigtig vir die besoekers.

“Die nederlaag kan hulle laat hergroepeer om met ’n beter vertoning vorendag te kom,” sê hy.

“Ons eie spelers behoort egter ook na daardie nederlaag te kyk en te besef dat hulle ook teen die besoekers kan wen.”

Zangqa dink ook dat daar genoeg ander ervare spelers in die agterlyn is wat die span op die voorvoet kan kry en dat daar nie net op die beseerde Howard Mnisi staatgemaak kan word nie.

Mnisi sukkel met ’n kuitbesering en dis moeilik om te raai hoe lank hy buite aksie gaan wees aangesien die Kings bitter min besonderhede oor beseerde spelers aan die media verskaf.

“Howard is ’n groot, groot, groot verlies, maar ons het vertroue in die ander spelers,” sê Zangqa.

Meer oor:  Vuyo Zangqa  |  Port Elizabeth  |  Pro14-Reeks  |  Southern Kings  |  Rugby  |  Ulster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.