Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings nog 2 weke sonder Yaw Penxe

Die Southern Kings sal minstens nog een wedstryd sonder hul spogvleuel Yaw Penxe moet regkom.

Volgens Robbi Kempson, die Kings se waarnemende hoofafrigter, oefen Penxe wel weer saam met die span, maar sy skouerbesering sal hom nog twee weke langs die kantlyn hou.

Die haastige Yaw Penxe sal nog ’n rukkie moet wag voordat hy weer vir die Kings kan speel. Foto: Gallo Images

Die Kings speel volgende naweek teen Edinburgh in Port Elizabeth.

“Yaw oefen saam met die res van die fikse manne. In Dinsdagoggend se hardlooptoetse was hy die vinnigste van almal, maar ons wil nie ’n kans vat met sy skouer nie en hy neem nog nie aan kontakoefeninge deel nie,” sê Kempson.

Penxe het dié besering op 25 Januarie teen die Cheetahs in die Baai opgedoen toe hy in die Vrystaters se doelgebied ’n bal probeer toeval het.

Die spoedvraat het voor sy skouerbesering ook ’n tyd lank met ’n dyspier gesukkel.

Dit was tot dusver nie ’n goeie jaar vir die vleuels in die Kings se groep nie.

Christian Ambadiang, wat saam met Penxe geoormerk was om die uitsoekspan op die punte te dien, het vroeg in die seisoen in een van die Kings se opwarmingswedstryde ’n ernstige beenbesering opgedoen.

“Christian het darem nou al sy krukke weggepak en hy is saam met ons op die oefenveld. Hy is egter steeds besig met rehabilitasie en sal eers weer volgende seisoen kan rugby speel,” sê Kempson.

Met Penxe en Ambadiang langs die kantlyn het die Kings eintlik net een ander spesialis-vleuel, Josiah Twum-Boafo, in die groep. Hy het ook sy skete gehad, maar kan nou weer vir die beginspan oorweeg word.

Bakkies Brown is oor sy besering en kan weer vir die Kings gekies word. Foto: Gallo Images

Erich Cronje en Christopher Hollis, twee versoolde senters, is die laaste paar wedstryde die Oos-Kapenaars se vleuels.

Altwee het al goeie oomblikke in dié posisie gehad, maar sukkel nog met hul posisionele spel.

Dit was in die Kings se laaste wedstryd teen Connacht goed deur die ervare losskakel Jack Carty uitgebuit.

Kempson het ook al gedurende die seisoen die heelagters Courtney Winnaar en Andell Loubser op vleuel beproef.

Kempson het darem nou weer nog ’n opsie wanneer dit by die samestelling van sy lostrio kom.

Volgens hom het die kranige flank Bakkies Brown uiteindelik van sy beenbesering, wat hom nou al ’n geruime tyd geteister het, herstel en kan hy vir die stryd teen Edinburgh oorweeg word.

Meer oor:  Pro14  |  Edinburgh  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.