Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings pak omgesukkelde Edinburgh

Die Southern Kings kom hierdie naweek in Skotland teen ’n Edinburgh-span te staan wat soos ’n goed geoliede masjien loop.

Die heelagter Blair Kinghorn, wat hier Newcastle Falcons se Johnny Williams ontwyk, is een van Edinburgh se groot uitblinkers. Foto: Getty Images

Die Kings pak die Skotse span Saterdag op Murrayfield in ’n Pro14-wedstryd.

Edinburgh het sy laaste vier wedstryde gewen en die spelers borrel oor van selfvertroue.

Eers het hy op 7 Desember met 31-13 en toe op 16 Desember 21-8 teen die Newcastle Falcons gewen.

Albei kragmetings met die Falcons was in die Europese Kampioenskapsreeks.

Op 22 Desember het Edinburgh met 23-7 en op 29 Desember met 16-8 teen die Glasgow Warriors gewen.

Richard Cockerill is Edinburgh se afrigter. Foto: Getty Images

Die twee wedstryde teen die Warriors was in die Pro14-reeks.

Richard Cockerill, Edinburgh se afrigter, sê sy span mik na die uitspeelwedstryde in albei reekse.

Daar is groot wedywering vir plekke in die uitsoekspan, maar hy sal dalk daaraan moet dink om van sy sleutelspelers ruskans teen die Kings te gee.

Edinburgh se volgende wedstryd is op 12 Januarie teen Toulon in die Europese reeks.

Die Kings is nie een van die beste spanne in die Pro14-reeks nie, maar Cockerill is lugtig vir die Oos-Kapenaars.

“Die Suid-Afrikaanse span lyk of hulle hulself geniet. Hulle speel lekker rugby en het ’n goeie spangees,” sê hy op Edinburgh se amptelike webtuiste.

Die Kings was laas op 1 Desember in Port Elizabeth in aksie toe hulle met 19-22 teen Benetton verloor het.

Meer oor:  Pro14  |  Edinburgh  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.