Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings sal Paige met ope arms verwelkom

Die Southern Kings sal die verstote Springbok-skrumskakel Rudy Paige met ope arms verwelkom as hy Oos-Kaap toe kom.

Die 28-jarige Paige kon nie die Bulle se Super-groep haal nie, maar kan beslis waarde tot die Kings se groep voeg, sê Deon Davids, Kings se hoofafrigter.

Die skrumskakel Rudy Paige sal nie gou weer ’n Bulle-trui dra nie. As die Kings-breier, Deon Davids, ’n towerstaffie kon swaai, sou ons hom dalk gou in ’n Kings-trui sien! Foto: Christiaan Kotze

“Hy het ’n goeie aangee, is ’n goeie verdediger, hy kan skop en het goeie leierseienskappe,” sê Davids.

“As jy kyk na die omstandighede waarin ons ons bevind, dink ek ’n nasionale skrumskakel met soveel ervaring kan beslis vir ons iets beteken.”

Die Kings is juis in ’n redelike penarie met een van hul topskrumskakels, Poerie van Rooyen, wat met ’n enkelbesering sukkel.

Davids lag net wanneer jy hom vra wanneer meld Paige, wat al 13 toetse gespeel het, dan in Port Elizabeth by die Kings aan.

“Ons gesels aanhoudend (met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie) oor hoe ons die Kings kan versterk,” is al wat hy bereid is om te sê.

* Verskeie van die spelers in die Kings se groep wat nie gereeld speelkans kry nie, was Donderdagoggend in ’n oefenwedstryd teen die Madibaz op die Nelson Mandelbaai-stadion se B-veld in aksie.

“Dit was ’n goeie ding. Jy kon duidelik sien van die manne het die wedstrydtyd nodig gehad,” sê Davids.

Die goeie nuus was dat die losskakel Kurt Coleman, wat tot onlangs beseer was, die kragmeting sonder ’n nuwe skeet voltooi het.

Die heelagter Masixole Banda het ook vir ’n slag weer met goeie selfvertroue gespeel.

Davids het ’n pluimpie vir die Madibaz, wat moedig vertoon het, gehad.

“Ek het van die intensiteit gehou waarmee die Madibaz gespeel het. ’n Paar spelers het baie karakter en veggees gewys en daar is goeie slaankrag in die agterlyn,” sê Davids.

David Maidza, die studente se afrigter, was bly dat sy spelers nie fisiek vir die Kings teruggestaan het nie.

“Ons was sonder vier spelers (wat dalk in die beginspan kan wees), wat ons kan versterk,” sê hy.

Die Madibaz het taamlik in die vaste skrums gesukkel en sal nog hard moet werk voor hul eerste Varsitybeker-wedstryd op 5 Februarie tuis teen die Ikeys.

Van die Madibaz was die oog met goeie spel getref het, sluit in die flank Bakkies Brown, slot Reyno du Toit en senters Jordan Koekemoer en Liam Blake-Taylor.

Meer oor:  Deon Davids  |  Rudy Paige  |  Southern Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.