Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings se stut vir vier weke geskors

Die Southern Kings se stut Pieter Scholtz is ná sy rooikaart in die Pro14-wedstryd teen Edinburgh vir vier weke geskors.

Pieter Scholtz / Foto: Gallo Images

Hy het die reg om intussen te appelleer teen die bevinding wat gemaak is ná ’n tugverhoor via ’n video-konferensie.

Scholtz is in die 13de minuut van die Kings se wedstryd teen Edinburgh op Murrayfield afgestuur nadat hy met ’n stormlopie die tuisspan se flank John Barclay met sy elmboog in die gesig getref het.

Edinburgh het die wedstryd met 61-13 gewen.

Die dissiplinêre paneel van Wallis – Rhian Williams, Simon Thomas en Nigel Williams – het Dinsdag in Neath vergader nadat die skeidsregter Joy Neville hom ’n rooikaart vir die oortreding gewys het.

Scholtz se vorige rekord is in ag geneem en versagting van 40% is toegepas.

Die stut sal van 17 Februarie weer oorweeg kan word.

Die Kings se volgende wedstryde is die twee derbies teen die Cheetahs op 25 Januarie in Port Elizabeth en op 1 Februarie in Bloemfontein. 

Meer oor:  Pieter Scholtz  |  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.