Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings se verlore seun Catrakilis keer terug

Die Southern Kings het eindelik hul groot vis inkatrol!

Demetri Catrakilis mik pale toe in die kleure van Harlequins in Engeland.Foto: Getty Images

Ná maande se bespiegelinge en onderhandelinge het die Oos-Kaapse franchise Woensdagmiddag bekend gemaak dat hy die losskakel Demetri Catrakilis gekontrakteer het.

Catrakilis het ’n kontrak vir een seisoen onderteken met die opsie dat hy teen Junie 2020 kan besluit of hy nog ’n jaar wil aanbly.

Die 29-jarige Catrakilis, wat in 2013 ook vir die Kings gespeel het, sê in ’n verklaring dat hy “opgewonde” is om weer terug te keer na die Kings.

“Ek het ’n stukkie van my hart in Port Elizabeth gelos toe ek in 2013 weg is by die Kings,” sê hy.

“Ek kan nie wag om saam met Robbi Kempson (Kings se hoëprestasie-bestuurder) en die span te begin werk en ’n suksesvolle seisoen saam met die Kings te beleef nie.”

Kempson het daarop gewys dat Catrakilis “baie ervaring” na die span sal bring.

’n Terugflits na 2013, toe Catrakilis vir die Kings Superrugby gespeel het. Nou wink die Pro14-reeks vir hom saam met die Oos-Kaapse franchise.Foto: Getty Images

Catrakilis kan ook as mentor vir die jonger losskakels soos Courtney Winnaar en Bader Pretorius optree.

Kempson het ook al voorheen gesê dat dit belangrik is dat ’n hoëprofiel-speler soos Catrakilis by die Kings moet teken, want dit sal ander dan ook lok.

In hierdie stadium het die Kings al ’n hele paar knap spelers gekontrakteer, maar Catrakilis is sekerlik die bekendste een.

Die losskakel het sy debuut in 2011 vir die Westelike Provinsie gemaak, maar het eers regtig die aandag in 2013 by die Kings in Superrugby op hom gevestig.

Hy is daarna terug WP toe waar hy ook vir die Stormers uitgeblink het.

Catrakilis het in 2015 ’n draai by Montpellier in Frankryk gemaak voor hy hom in 2017 by Harlequins in Engeland aangesluit het.

Dieselfde jaar het hy ’n ernstige keelbesering opgedoen wat hom vir vyf maande langs die kantlyn gehou het.

Paul Gustard, Harlequins se hoof van rugby, het Catrakilis bedank vir sy bydrae by die klub.

“Dim het baie geestelike krag gewys om van ’n lelike besering af terug te keer en weer rugby op elite vlak te speel,” sê hy.

Meer oor:  Demetri Catrakilis  |  Pro14-Reeks  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.