Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
10 VRAE
Kings-speler groei baard vir die koue oorsee
Erich Cronjé. Foto: Gallo Images

1. Wie is jou kamermaat op toer?

(Ruaan) Lerm. Hy sorg gewoonlik dat ek nie in die moeilikheid kom nie.

2. Snork hy jou nie wakker nie?

Nee, ek is die een wat hom wakker snork!

3. Kom Lerm nie ook daar uit die binneland waarvandaan jy kom nie?

Ja, ons was al twee in die Hoërskool Dr. E.G. Jansen op Boksburg.

4. Die weer is mos maar soms erg daar in Brittanje. Waarin oefen jy eerder, die sneeu of die reën?

Beslis eerder die reën. Dis flippen koud in die sneeu.

5. Jy het nogal ’n lekker baard . . .

Dis vir die koue wanneer ons oorsee gaan.

6. En wanneer julle terug is in Port Elizabeth, wat doen jy graag as jy ’n af tydjie het?

Ek gaan fliek soms saam met my meisie.

7. Wie kies die fliek?

Sy. Ons het onlangs deur Frozen 2 en Dr. Dolittle gewerk.

8. Sjoe, jy het haar duidelik baie lief. Wat nog?

Ons gaan graag see toe.

9. Enige spesifieke strand?

Ons geniet dit om vir die dag deur te ry Jeffreysbaai toe.

10. Vir hoe lank is jy by die Kings gekontrakteer?

Vir drie jaar.

Meer oor:  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.