Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings stel spelers gerus oor salarisse

Die Kings het hul spelers dié week in ’n virtuele vergadering die versekering gegee dat hul Junie-salarisse vandeesmaand betyds betaal sal word.

Kommer onder spelers oor hul salarisse is besweer nadat die Kings in April die spelers eers ’n week ná die gebruiklike betaaldag op die 25ste van die maand betaal het.

Loyiso Dotwana, die voorsitter van die Southern Kings. Foto: Gallo Images

Loyiso Dotwana, voorsitter van die Kings, het toe in ’n skrywe aan die Kings se spelers verduidelik dat die betaling van die bydrae van die Nelson Mandelabaai-metro weens die Covid-19-pandemie en die inperking vertraag is.

’n Bron sê dit was ’n eenmalige probleem en Dotwana is deursigtig in die hele proses.

Dotwana het ook nie dié week dié sensitiewe saak probeer systap nie.

“Die deurlopende finansiering van die Kings is ’n voortgaande projek,” het Dotwana gister aan Rapport gesê.

Vir die Kings is dit belangrik dat die regte boodskap oor die betaling van salarisse aan hul spelers en die aflos van hul lening aan SA Rugby bekend gemaak word.

Die Kings se spelerskorps het ook die versekering gekry dat die Oos-Kaapse franchise die maandelikse terugbetaling van sy lening by SA Rugby sal nakom.

Ná vandeesweek se virtuele vergadering het die Kings ook ’n verdere boodskap aan spelers en agente gerig wat daarop neerkom dat hulle sal veg om topspelers soos Elrigh Louw en Thembelani Bholi te behou.

Ná vandeesweek se virtuele vergadering het die Kings ook ’n verdere boodskap aan spelers en agente gerig wat daarop neerkom dat hulle sal veg om topspelers soos Elrigh Louw en Thembelani Bholi te behou.

Albei geniet van onder meer die Leeus belangstelling.

  • Die Australiese koerant The Sydney Morning Herald berig rugbybase wêreldwyd sal môre in ’n telefoniese of virtuele vergadering praat oor die nuwe wêreldkalender en moontlik die pad vorentoe wat die Pro14-reeks betref.

Die Covid-19-pandemie versnel planne om ’n wêreldkalender in 2023 reeds volgende jaar te implementeer. Verskeie opsies is glo op die tafel wat die Pro14-reeks betref.

Een daarvan is glo dat net die Suid-Afrikaanse Superspanne in ’n Pro16-reeks speel.

’n Reeks met minder spanne kan dit meer aantreklik vir ’n uitsaaier soos SuperSport maak.

Dotwana het nie gister die antwoorde gehad wat die toekoms vir spanne soos die Kings én die Cheetahs in die Pro14 inhou nie.

“Ons weet self nog nie wat gaan gebeur nie,” het hy gesê.

’n Ingeligte met wie Rapport gepraat het, sê die Cheetahs praat gereeld met die Pro14-base.

“Hulle is baie gemaklik met die Cheetahs. Dinge lyk positief vir die Bloemfontein-span,” het die ingeligte gesê.

Meer oor:  Loyiso Dotwana  |  Kings  |  Covid-19  |  Rugby  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.