Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP kry geldelike hulp om Bok in Kaap te hou
Steven Kitshoff los dalk oorsese kontrak

Die Westelike Provinsie is besig om die oorhand oor Sale Sharks in hul skrumstryd oor Steven Kitshoff se handtekening te kry.

Dis in dié stadium nog Sale Sharks se ingooi by die skrum, maar die WP is vinnig besig om in ’n posisie te kom om ’n Kitshoff-vaskop te haak.

WELLINGTON, NEW ZEALAND - MARCH 23: Steven Kitshof
Steven Kitshoff die naweek teen die Hurricanes in aksie. Foto: Getty Images

In ’n onverwagse U-draai kan die 27-jarige Springbok-loskopstut oortuig word om sy loopbaan in die Kaap voort te sit en nie Manchester sy nuwe tuiste te maak nie.

Dit word verwag dat Kitshoff reeds vroeg volgende week ’n besluit oor sy loopbaan sal neem.

Dit nadat dit aanvanklik na ’n uitgemaakte saak gelyk het dat Kitshoff hom saam met ander Bokke soos Akker van der Merwe en die Du Preez-broers, Robert, Jean-Luc en Dan, by Faf de Klerk se Engelse klubspan sal aansluit.

Die WP het in ’n meesterskuif glo geldelike hulp van buite gekry om hul skrum teen die Sale Sharks te versterk.

Verlore vir SA ... Ruan Botha

Kitshoff is ook een van die eerstekeuse-Bokke wat volgende jaar R2,5 miljoen van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se nuwe kontrakstelsel ontvang. Kitshoff is een van sowat 55 topspelers wat vanjaar Superrugby speel, maar nog nie hul kontrakte met hul franchises verleng het nie.

Die moontlikheid bestaan dat Siya Kolisi slegs ’n korttermynkontrak met die Japanse klubspan Panasonic sal sluit en die grootste gedeelte van die Superreeks vir die Stormers beskikbaar sal wees.

Frans Malherbe is in die visier van verskeie oorsese klubs, maar Rapport verneem ook hy oorweeg dit nou om te bly.

* Alles dui daarop dat dit Ruan Botha se laaste Superreeks vir die Haaie is.

Die 27-jarige slot wat in 2010 uit die Valke se Cravenweekspan vir die SA skolespan gekies is, beplan om in 2020 na Japan terug te keer waar hy weer vir Kubota Spears beskikbaar sal wees.

Hy het einde verlede jaar en begin vanjaar reeds in nege wedstryde vir Frans Ludeke se klubspan gespeel.

Finaliseer Botha sy Japanse kontrak binnekort, sal die voormalige Junior Bok deel van die uittog van ’n hele paar van Suid-Afrika se voorste slotte word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.