Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi beheer Bok-toets in Kaapstad

Die Nieu-Seelandse skeidsregter Glen Jackson is toevertrou met Saterdag se derde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Engeland op Nuweland (afskop om 17:05).

Glen Jackson (regs) blaas die fluitjie in Saterdag se toets tussen die Bokke en die Rose op Nuweland, terwyl sy Nieu-Seelandse landgenoot Ben O’Keeffe as een van die assistentskeidsregters diens doen. Foto: Gallo Images

Jackson word bygestaan deur sy landgenoot Ben O’Keeffe en die Fransman Romain Poite, terwyl Simon McDowell van Ierland as TV-skeidsregter diens doen.

O’Keeffe het die eerste toets in Johannesburg gehanteer, met Poite wat in beheer was van verlede Saterdag se kragmeting in Bloemfontein.

McDowell was die TV-skeidsregter in al drie toetse.

Die Springbokke het die reeks reeds in die sakkie danksy seges op Ellispark en in die Toyota-stadion.

’n Aankondiging dat Saterdag se toets teen Engeland die Bokke se laaste op Nuweland gaan wees, sal nie vandeesweek gedoen word nie.

Thelo Wakefield, die WP-rugbyunie (WPRU) se president, het dié versekering Maandag gegee nadat Rapport berig het dat daar voor Saterdag se derde kragmeting met die Rose ’n aankondiging gedoen gaan word dat die WP Kaapstad-stadion toe skuif.

Louw Visagie, waarnemende uitvoerende hoof van die Kaapstad-stadion, het op sy beurt ook gesê dat die kar voor die perde ingespan word.

Wakefield het wel in Oktober verlede jaar gesê dat die WP gereed is om Nuweland vaarwel toe te roep. Volgens hom was dit ’n “sakebesluit” en het hy toe gesê dis “onafwendbaar” dat die WP gaan skuif.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Glen Jackson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.