Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi Hadleigh Parkes sal Wallis bly steun
Hadleigh Parkes het Wallis verlede jaar gehelp om die Sesnasies-reeks te wen. In 2017 het hy die Scarlets gehelp om die Pro14-reeks te wen. Foto: Getty Images

Hy sal aanhou om Wallis se rugbyspan te ondersteun, sê die Kiwi Hadleigh Parkes.

Parkes is in Nieu-Seeland gebore en het aanvanklik vir die Blues (32) gespeel voordat hy eers na Suid-Afrika en toe na Wallis getrek het.

In 2013 het hy vir die Southern Kings gespeel, maar sy rugbyloopbaan het eintlik eers vlam gevat toe hy in 2014 vir die Scarlets in Wallis gaan speel het.

Hy het eindelik die Walliese nasionale span gehaal en het altesame 29 toetse vir dié span gespeel.

Parkes het egter nou besluit om vir twee jaar vir die Panasonic Wild Knights in Japan te gaan speel.

Brad Mooar verlaat ook die Scarlets. Hy gaan die All Blacks help afrig. Foto: Getty Images

Sy speeldae vir Wallis lê hom egter na aan die hart en hy sê hy sal die Rooi Drake aanhou ondersteun.

“Ek sal aanhou om vir Wallis te skree en ek sal seker maak my dogter, Ruby, doen dit ook, aangesien sy daar gebore is,” het Parkes aan die Daily Mail gesê.

Een van die redes waarom hy besluit het om in Japan te gaan speel, is omdat dit nader is aan Nieu-Seeland, waar sy ouers woon.

Parkes vertrek glo Saterdag saam met Brad Mooar, wat ’n tydjie gelede as die nuwe All Black hulpafrigter aangewys is, na Nieu-Seeland.

Mooar, wat in 2013 een van die Kings se hulpafrigters was, was die Scarlets se hoofafrigter. – Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Rooi Drake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.