Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi sê skies oor gespot met uitspraak
Joe Wheeler moes Vrydag vinnig om verskoning vra omdat hy gepraat het sonder om te dink ná die rugbywedstryd tussen die Highlanders en die Crusaders in Christchurch. Foto: Getty Images

Die Nieu-Seelandse rugbykommentator Joe Wheeler het om verskoning gevra ná hy onder kritiek deurgeloop het omdat hy gedurende ’n regstreekse TV-uitsending spottend ’n Asiatiese aksent nagemaak het.

Wheeler, wat vir Sky Sports werk, het sy misstap Vrydag ná die Highlanders se indrukwekkende sege van 33-12 oor die Crusaders in Christchurch gemaak.

Terwyl Wheeler met die Highlanders se losskakel, Mitchell Hunt, gesels het, het hy na die span se Japanse flank Kazuki Himeno se spel as “leally impressive” verwys.

Hy is byna onmiddellik op sosiale media gekritiseer en Wheeler het vinnig op Twitter verskoning gevra.

“Ek het vanaand regtig drooggemaak!” het hy geskryf.

“Ek het met Kazuki Himeno gepraat en hom, sy spanmaats en ons Sky-span om verskoning gevra.

“Ek aanvaar absoluut dat dit nie die standaard is wat van die kantlynspan verwag word nie. Ek het duidelik nog werk om te doen, maar ek is beslis reg om beter te vaar.”

Sky Sports het in ’n verklaring bevestig dat Wheeler vir Kazuki om verskoning gevra het.

“Sky verbind hom daartoe om kultureel respekvol te wees en ons verwag van ons kommentators om die regte ding te doen.”

Himeno was glad nie verdoemend in sy reaksie op Twitter nie.

“Dis oukei, Joe. Kom ons geniet en vier ons groot oorwinning,” het hy getwiet. – TeamTalk

Meer oor:  Superrugby  |  Japan  |  Aotearoa  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.