Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi-spanne kry hupstoot voor Aotearoa-reeks

Die vyf Nieu-Seelandse Superrugby-spanne het Donderdag ’n finansiële hupstoot van NS$1,25 miljoen (sowat R14 miljoen) van die regering ontvang.

Mark Robinson, uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Rugby, glimlag breed oor ’n finansiële Covid-19-meevaller wat hulle van die regering ontvang het. Foto: Getty Images

Daar word NS$4,6 miljoen (sowat R50 miljoen) aan die land se beroepsportverenigings bewillig om die impak van die Covid-19-pandemie te verlig.

Netbal Nieu-Seeland het die grootste deel van die koek gekry – NS$2,2 miljoen.

Die finansiële meevaller kom met die Kiwi-spanne wat in alle erns voorberei vir die plaaslike mini-Superreeks, wat op 13 Junie begin.

“Ons Superrugby-spanne en alle vlakke van rugby het ongelooflike finansiële uitdagings in die lig van die pandemie,” sê Mark Robinson, uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Rugby (NZR).

“Dié ruim geldelike steun van die regering sal help om die Aotearoa-kompetisie met groter momentum te begin.”

Hoewel die beheerliggaam Sanzaar nog nie ’n aankondiging daaroor gemaak het nie, sal vanjaar se Superreeks (waaraan spanne van Australië, Suid-Afrika, Argentinië en Japan ook deelneem) nie voltooi word nie.

Die Wellington Phoenix, wat in die Australiese A-sokkerliga meeding, het NS$950 000 ontvang en die Nieu-Seeland Warriors-rugbyligaspan NS$200 000.

Nieu-Seeland se nasionale departement van sport het boonop in Mei NS$265 miljoen begroot om die land se sportbedryf op die been te kry met die pandemie wat ’n geweldige impak op inkomste uit uitsaairegte en kaartjieverkope gehad het. – Reuters

Meer oor:  Finansiële Hulp  |  Nzr  |  Superrugby  |  Aotearoa-Reeks  |  Covid-19  |  Sanzaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.