Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi’s breek Blitsbokke se harte

Nieu-Seeland het Sondag daarin geslaag om die Moederstad stil te speel deur die Blitsbokke in die eindstryd van die Kaapstad-sewestoernooi te klop.

Die Kiwi’s het met 7-5 gewen.

Justin Geduld
Justin Geduld se drie in die eindstryd van die Kaapstad-sewestoernooi was nie genoeg om die Blitsbokke in die wenkamp te kry nie. Foto: Gallo Images

Dit was ’n klipharde wedstryd, met albei spanne bereid om tot die dood te baklei vir die reg om as kampioen gekroon te word. 

Die Kiwi’s het egter deurentyd die meeste balbesit geniet, wat die Blitsbokke genoop het om vir ’n vale te verdedig. Dis iets wat hulle met onderskeiding gedoen het. 

Teen rustyd was daar steeds geen telling op die telbord nie, maar net ná die water-breek het dit verander, toe Seabelo Senatla ’n Kiwi-fout reg by die doellyn uitgebuit en Justin Geduld oorgestuur het vir die eerste drie van die wedstryd.

Die voorsprong wat dit Suid-Afrika besorg het, het egter nie lank geduur nie. Die Nieu-Seelanders het sterk aangeval en aanhou stamp teen die Blitsbokke se groen verdedigingsmuur. Uiteindelik het dié meegegee.

Met soveel druk was albei spanne maar krapperig met mekaar, en humeure het oorgekook toe spelers laat in die tweede helfte begin stamperig raak het en ’n Kiwi Ryan Oosthuizen aan sy voet wou rondsleep. 

Dít het egter geen invloed op die wedstryd gehad nie. 

Die Kiwi’s was bloot baas omdat hulle die Blitsbokke van balbesit weerhou het en hul enigste kans van die wedstryd benut het. 

Daarmee het hulle Suid-Afrikaanse harte gebreek en die Blitse se wendroogte in die Moederstad met nog ’n jaar verleng. Die tuisspan kon in 2015 laas hier wen.

* Frankryk het in die uitspeelwedstryd om die bronsmedalje vir ’n effense opskudding gesorg deur Fidji met 29-24 te klop.

Puntemakers:

Nieu-Seeland 7 (0): Drie: Ngarohi McGarvey-Black. Doelskop: Akuila Rokolisoa. 

Suid-Afrika 5 (0): Drie: Justin Geduld

Meer oor:  Eindstryd  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Nieu-Seeland  |  Kaapstad-Sewestoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.