Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi’s gee Bokke hand, al trek SA noord
Rob Nichol

Die uitvoerende hoof van die Nieu-Seelandse Spelersvereniging, Rob Nichol, het in ’n onderhoud met www.stuff.co.nz die hoop uitgespreek dat die Springbokke deel van “ons kompetisies sal bly” en ook groot klem gelê op die All Blacks se sterk vriendskapsbande met die Springbokke en hul respek vir Suid-Afrikaanse spelers.

Eugene Henning, besturende direkteur van MyPlayers (SA se spelersvereniging), het op sy beurt aan Rapport gesê die Bok-spelers self heg net soveel waarde aan toetse teen Nieu-Seeland. Hy het die Bokke se respek vir die All Blacks benadruk nadat Nichol dié week ’n boodskap namens die Kiwi-spelers aan Siya Kolisi-hulle gestuur het.

“Die eerste boodskap aan Suid-Afrika is dat die spelers van Nieu-Seeland julle respekteer en lief is vir julle omdat julle deel is van ons kompetisies,” het Nichol in ’n onderhoud gesê voordat SA Rugby die Bokke aan vanjaar se Kampioenskapsreeks onttrek het.

“Die ander deel is as Nieu-Seeland iets gedoen het wat julle laat voel het julle wil wegdraai, moet julle weet dis honderd persent nie die spelers nie.

“Ons wil nie hê julle moet gaan nie. Ons wil hê julle moet bly en as daar ’n manier is om julle te behou, wil ons sien dat dit gebeur.”

Nichol-hulle het besluit ingryping is nodig om die verbrokkelende verhouding tussen Nieu-Seeland, Argentinië, Australië en Suid-Afrika te probeer red.

Hy en die spelers is diep bekommerd oor die voortdurende boodskap wat die Nieu-Seelandse Rugbyunie aan sy Sanzaar-vennote stuur omdat die landskap van rugby ná Covid-19 so drasties verander het.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie se Superrugby-planne was onder meer nie met Suid-Afrika s’n belyn nie. In die proses het die Kiwi’s die Suid-Afrikaanse Superrugby-spanne gedryf na die Noordelike Halfrond, waar hulle met ope arms deur die Pro16-reeks verwelkom is.

Vrese bestaan nou in Nieu-Seeland dat SA Rugby ook sy rug op die Rugbykampioenskap sal keer.

Ondanks wat in die openbaar gesê is, dink ons dat julle eintlik nie veel van ’n keuse gehad het nie. Ons het empatie.

“Maar ons is ook realisties. Covid het ’n vernietigende impak op allerhande dinge gehad. Ons verstaan die situasie waarin julle is en ons voel vir julle,” het Nicol gesê.

“Julle is in ’n oorlewingsmodus. Ons verstaan dat dit natuurlik is om na die noorde te kyk en ons kan eerlik verstaan waarom julle verkies om daarheen te gaan.

“Ondanks wat in die openbaar gesê is, dink ons dat julle eintlik nie veel van ’n keuse gehad het nie. Ons het empatie.”

Ongeag wat Suid-Afrika doen, wil die All Black-spelers hê dat ’n sterker verhouding vorentoe tussen die lande gevestig word

“Nie dieselfde nie, nie ’n gebreekte een nie . . . ons wil ’n sterker een hê. Of dit nou gegrond is op die Rugbykampioenskap of ’n wêreldwye kompetisie, of dat ons steeds ’n alliansie deur Sanzaar het, ons wil dit behou.”

Rapport verneem die Bokke sal egter minstens volgende jaar en ’n jaar of twee of drie daarna nog aan die Rugbykampioenskap deelneem.

Volgende jaar se Rugbykampioenskap kan weens Covid-regulasies eers ná die besoek van die Britse en Ierse Leeus aan Suid-Afrika plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.