Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Kiwi’s haat Trump nou meer as vir my'
Wayne Barnes was aan die stuur van die uitspeelstryd om die derde en vierde plek tussen die All Blacks en Wallis op die WB-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

Die Engelse skeidsregter Wayne Barnes glo pres. Donald Trump van Amerika het hom vervang op Nieu-Seeland se haatlys nadat hy as die wêreld se beste blaser aangewys is.

Barnes is Sondag ná die Wêreldbekertoernooi op Wêreldrugby se toekenningsgeleentheid in Tokio vereer.

Hy sou waarskynlik die eindstryd gehanteer het as sy geboorteland nie teen Suid-Afrika in Jokohama te staan gekom het nie.

PlanetRugby.com berig Barnes is in sy noppies met sy vordering sedert sy omstrede buiging op die toernooi in 2007.

Barnes het destyds die All Blacks se skoknederlaag in die kwarteindronde teen Frankryk behartig.

Hy was daarna vir jare die teiken van woedende Kiwi’s. Barnes het onder meer ’n vorentoe-aangee misgekyk wat gelei het tot ’n Franse drie en uiteindelik deurslaggewend was in die All Blacks se vertrek uit die toernooi.

“Dit blyk my aandele het aansienlik gestyg,” sê Barnes.

“Ek is ná my eerste Wêreldbekertoernooi in 2007 amptelik as die derde mees gehate persoon in Nieu-Seeland aangewys. Nou, in 2019, is ek as Wêreldrugby se Skeidsregter van die Jaar aangewys. Dit is nogal ’n groot kontras.”

Hy vertel ’n staaltjie van ’n besoek aan die Cowboys-kroeg in Queenstown, Nieu-Seeland.

“Ek was destyds effe ontsenu om ’n beeltenis van my op ’n strategiese plek in die badkamer te vind wat daar geplaas is vir ontstoke aanhangers om na te mik.

“Maar ek het by betroubare bronne verneem Donald Trump het my die afgelope tyd as die teiken van die Kiwi’s se gramskap vervang.”

Barnes, wat aan die stuur was van die uitspeelstryd om die derde en vierde plek tussen die All Blacks en Wallis, bevestig hy is nog nie van plan om sy fluitjie te bêre nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wayne Barnes  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.