Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi’s bekyk 26 breiers vir All Black-pos

Brett Impey, voorsitter van Nieu-Seeland Rugby (NZR), sê hulle het 26 plaaslike afrigters geïdentifiseer wat oor die vermoë beskik om Steve Hansen as afrigter van die All Blacks op te volg.

Brett Impey, voorsitter van Nieu-Seeland Rugby, wat tans met die proses besig is om ’n opvolger vir die All Black-afrigter, Steve Hansen, te vind. Foto: Getty Images

Hansen het die tuig verlede week neergelê nadat Nieu-Seeland die bronsmedalje in die Wêreldbeker-toernooi in Japan verower het.

Onder sy leiding het die All Blacks ’n verstommende wensyfer van 86% behaal. Hy is ook vier keer as Wêreldrugby se Afrigter van die Jaar aangewys.

“Ons het aan 26 afrigters ’n skrywe gerig (oor die vakante pos), hetsy of hulle tans internasionale spanne afrig, of by oorsese klubs, Superrugby-spanne of waar ook al betrokke is,” het Impey gesê.

“Ons glo ons het met dié lys al die vereistes gedek wat nodig is om dié pos te kan vul. Dis ’n spesialis-pos. Jy plaas nie net ’n advertensie op ‘Seek’ om die volgende All Black-afrigter te vind nie.

“Elkeen van hulle (die kandidate) was al van tyd tot tyd deel van ons proses. Van hulle het oorsee gaan afrig vir ’n lang tydperk, ander vir korter tye,” het Impey gesê.

Een van Hansen se adjudante die afgelope sewe jaar, Ian Foster, het reeds sy naam in die hoed gegooi en geniet ook die ondersteuning van die invloedryke All Black Beauden Barrett.

Scott Robertson (Crusaders), Warren Gatland (wat pas as Wallis se afrigter uitgetree het en volgende jaar die Chiefs afrig, asook die Britse en Ierse Leeus in 2021) en Jamie Joseph, Japan se afrigter, word in die Nieu-Seelandse media as die sterkste aanspraakmakers vir Hansen se pos beskou. 

– Reuters

Meer oor:  Nsru  |  Brett Impey  |  Toetsrugby  |  All Blacks  |  Nzr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.