Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi’s, SA staan meeste rugbyspelers af

Die oortuiging bestaan dat Nieu-Seeland sonder skroom rugbyspelers by sy bure – Samoa, Tonga en Fidji – “steel” en dat die All Blacks andersins nie naastenby so goed sou wees nie.

Die All Black-vleuel Waisake Naholo is in Fidji gebore. Foto: Getty Images

Rugby365 het gaan kyk na die spanne wat in die November-toetse in aksie was om was te stel wie die meeste spelers van ander lande ontvang en wie die meeste prysgee.

Kanada, Hongkong, Duitsland en Kenia verskyn ook op die lys nadat hulle verlede maand in kwalifiseringswedstryde om volgende jaar se Wêreldbekertoernooi meegeding het.

Kyk bietjie hier onder wie het die meeste “buitelanders” in hul span en wie het die meeste spelers aan ander lande “verloor”.

Spelers wat nie gebore is in die lande waarvoor hulle speel nie:

* Engeland – 10

Australië: Alec Hepburn

Fidji: Joe Cokanasiga

Hongkong: Nathan Earle

Nieu-Seeland: Dylan Hartley, Ben Te’o, Brad Shields

Samoa: Manu Tuilagi

Suid-Afrika: Nick Schonert, Michael Rhodes,

VSA: Sam Underhill

Italië se Braam Steyn het die Junior Bokke in 2012 verteenwoordig. Foto: Getty Images

* Frankryk – 5

Kameroen: Dany Priso

Guinee-Bissau: Cedate Gomes

New Caledonië: Sébastien Vahaamahina

Nieu-Seeland: Uini Atonio

Suid-Afrika: Bernard le Roux

* Ierland – 10

Kanada: Luke McGrath

Engeland: Kieran Marmion, Sam Arnold, Will Addison

Nieu-Seeland: Bundee Aki, Joey Carbery

Skotland: John Cooney

Suid-Afrika: CJ Stander, Quinn Roux

Spanje: Jordi Murphy

* Skotland – 21

Australië: Ben Toolis, Sam Johnson

Engeland: Alex Allan, Sam Skinner, Jamie Ritchie, Rob Harley, Ryan Wilson, Ali Price, Henry Pyrgos, Chris Harris, James Lang

Namibië: Byron McGuigan

Nieu-Seeland: Simon Berghan, Nick Grigg, Blade Thomson, Sean Maitland

Suid-Afrika: Allan Dell, WP Nel, David Denton, Josh Strauss

VSA: Tommy Seymour

* Wallis – 9

Engeland: Tomas Francis, Jake Ball, Dan Lydiate, Ross Moriarty, Jonathan Davies, Jonah Holmes, George North

Nieu-Seeland: Gareth Anscombe, Hadleigh Parkes

* Italië – 10

Engeland: Jake Polledri

Guinea: Cherif Traorè

Ierland: Ian McKinley

Skotland: George Biagi

Nieu-Seeland: Dean Budd, Jimmy Tuivaiti, Jayden Hayward

Suid-Afrika: Johan Meyer, Braam Steyn

Zimbabwe: Sebastian Negri

Hanco Germishuys speel vir die VSA. Foto: Getty Images

* Australië – 10

Tonga: Tolu Latu, Taniela Tupou

Nieu-Seeland: Jermaine Ainsley

Fidji: Isi Naisarani, Samu Kerevi, Marika Koroibete, Sefanaia Naivalu

Papoea-Nieu-Guinee: Will Genia

Suid-Afrika: Dane Haylett-Petty

Zimbabwe: David Pocock

* Nieu-Seeland – 4

Fidji: Waisake Naholo

Samoa: Nepo Laulala

Tonga: Ofa Tu’ungafasi, Vaea Fifita

* Japan – 11

Fidji: Samuela Anise

Nieu-Seeland: Michael Leitch, Hendrik Tui, Will Tupou, Lomano Lemeki

Samoa: Timothy Lafaele

Suid-Afrika: Wimpie van der Walt, Kotaro Matsushima

Tonga: Asaeli Ai Valu, Uwe Helu, Amanaki Lotoahea

* VSA – 13

Australië: James Hilterbrand, Greg Peterson, Luke Hume

Engeland: Will Hooley

Ierland: Dylan Fawsitt, Paul Mullen, John Quill

Nieu-Seeland: Tony Lamborn, Devereaux Ferris, Paul Lasike

Suid-Afrika: Hanco Germishuys, Ruben de Haas, Shaun Davies

* Kanada – 4

Engeland: Matt Evans

Hongkong: Gordon McRorie

Ierland: Shane O’Leary

Suid-Afrika: DTH van der Merwe

* Duitsland – 19

Australië: Sean Armstrong

Engeland: Anthony Dickinson, Pierre Mathurin

Suid-Afrika: Kurt Haupt, Mark Fairhurst, Wynston Cameron-Dow, Marcel Henn, Sebastian Ferreira, Jaco Otto, Ayron Schramm, Jarrid Els, Raynor Parkinson, Nikolai Klewinghaus, Michael Poppmeier, Samy Füchsel, Julius Nostadt

Nieu-Seeland: Hagen Schulte

Wallis: Oliver Paine

Zimbabwe: Marcel Coetzee

* Hongkong – 16

Australië: Kane Boucaut

Engeland: Ben Higgins, Conor Hartley, Ben Axten-Burrett, Lewis Warner

Frankryk: Thomas Lamboley

Nieu-Seeland: Nick Hewson, Ben Rimene, Casey Stone

Suid-Afrika: Grant Kemp, Liam Slatem, Dylan Rogers, Matt Rosslee, Toby Fenn

Wallis: Bryn Phillips, Ben Roberts

* Fidji – 3

Australië: Campese Ma’afu, Ben Volavola

Engeland: Josh Matavesi

* Samoa – 18

Nieu-Seeland: Motu Matu’u, Raymond Niuia, Manu Leiataua, Donald Brighouse, Paul Also, Kane Leaupepe, Jack Lam, Ben Nee-Nee, Josh Tyrell, Brandon Nansen, Filo Paulo, Faifili Levave, Piula Fa’asalele, Pele Cowley, D’Angelo Leuila, Stacey Ili, Tim Nanai-Williams, Jamie-Jerry Taulagi

* Tonga – 14

Australië: Steve Mafi

Nieu-Seeland: Paul Ngauamo, Paea Fa’anunu, Ben Tameifuna, Daniel Faleafa, Michael Faleafa, Valentino Mapapalangi, Ma’ama Vaipulu, Leon Fukofuka, Kurt Morath, Siale Piutau, Viliami Lolohea, Hawaii Ahokovi, Fotu Lokotui

* Argentinië – 0

* Georgië – 0

* Kenia – 0

* Suid-Afrika – 0

Die Suid-Afrikaans-gebore Nick Schonert draf uit vir Engeland op Twickenham. Foto: Getty Images

Skenkers: Nieu-Seeland: 48, Suid-Afrika: 37, Engeland: 20, Australië: 11, Tonga: 9, Fidji: 7, Wallis: 3, Zimbabwe: 3, Hongkong: 2, Ierland: 2, Samoa: 2, Skotland: 2, VSA: 2, Kameroen: 1, Kanada: 1, Guinee: 1, Guinee-Bissau: 1, Namibië: 1, New Caledonië: 1, Papoea-Nieu-Guinee: 1, Spanje: 1.

Nieu-Seeland staan die meeste boorlinge aan ander lande af, met Samoa sy grootste ontvanger.

Die populasie van Samoa is min of meer 194 000 terwyl mense van Samoaanse afkoms wat in Nieu-Seeland bly nagenoeg 144 000 is.

Auckland het die grootste Samoaanse populasie (95 000), terwyl die populasie van sy hoofstad, Apia, rondom 36 000 is.

Een Samoaan speel vir Nieu-Seeland terwyl 18 Kiwi’s vir Samoa uitdraf.

Drie All Blacks is in Tonga gebore, maar 13 Tongaanse spelers is in Nieu-Seeland gebore.

Suid-Afrika is een van vier spanne sonder enige buitelanders en is tweede op die skenkerslys met 37 spelers.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.