Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi’s se diepte laat Rennie se oë rek
Daar is hoë verwagtinge van wat Dave Rennie as die Wallabies se afrigter sal kan vermag, maar is Australië se spelers goed genoeg? Foto: Getty Images

Terwyl die beserings onder Suid-Afrika se sterre maai en Australië die Rugbykampioenskap met ’n onervare groep ingaan, is daar vir Nieu-Seelanders aansienlik minder om oor bekommerd te wees.

Dis nou as jy luister na Dave Rennie, die Wallabies se afrigter, wat meen sy eweknie by die All Blacks, Ian Foster, het die luuksheid van diepte in talent om van te kies.

“Super Rugby Aotearoa is teen ’n baie hoë intensiteit gespeel en van hoogstaande gehalte,” sê Rennie.

As ’n speler soos die Chiefs-flank Lachlan Boshier nie naby ’n All Black-span kan kom nie, dui dit op ongelooflike diepte, meen Dave Rennie. Foto: Getty Images

“Ek dink enige All Black-span wat iemand soos Lachlan Boshier kan weglaat, wat ek gedink het ongelooflik was in Super Rugby Aotearoa en hoewel hy nie eens die Noordeiland-span gemaak het nie, is daar duidelik baie diepte.”

Boshier (25), ’n voormalige o.20-speler vir Nieu-Seeland, is ’n losvoorspeler vir die Chiefs.

Wat die Aussies betref, is hulle in ’n bouproses.

Rennie het in sy groep vir die Rugbykampioenskap en Blesdisloe-reeks 16 spelers gekies wat nog nie vir die Wallabies gespeel het nie, terwyl 13 ander 10 of minder toetse gespeel het. Hy wil vanjaar gebruik om die boustene gereed te kry vir die 2023 Wêreldbeker-toernooi in Frankryk.

“Ons het die groep met ’n oog op die toekoms gekies,” sê Rennie.

“Daar sal spelers wees wat nie speelkans kry nie, maar ons moet seker maak dat ons diepte skep en spelers gereed is om hul geleenthede aan te gryp wanneer dit kom.”

Ons moet seker maak dat ons diepte skep en spelers gereed is om hul geleenthede aan te gryp wanneer dit kom.
Mike Rennie

Terwyl Rennie beïndruk is deur die intensiteit wat hy in Super Rugby AU waargeneem het, meen hy dat dit verder gelig sal moet word vir Oktober se Bledisloe-toetse teen die All Blacks.

Hulle sal ná Saterdag se Super Rugby AU-eindstryd tussen die Brumbies en Reds saamtrek.

“Ek dink die rugby (in Super Rugby AU) het met die verloop van tyd beter geraak,” sê Rennie.

“Die voordeel van uitkloprugby is die intensiteit. Daar was beslis intensiteit in hierdie wedstryde.”

Nieu-Seeland hou sedert 2003 al die Bledisloebeker. – Reuters

Meer oor:  Mike Rennie  |  Ian Foster  |  Nieu-Seeland  |  Australie  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.